Kyk op vir die sterrereën
Die Lyrides-meteoorreën het gisteraand sy piek bereik, alhoewel dit nog tot Saterdag 25 April sigbaar sal wees. Dit is die eerste beduidende meteoorreën vir die jaar, waartydens tussen 10 en 20 meteore per uur gesien sal kan word. Nog ‘n voordeel is dat dit tans donkermaan is, wat sal help om die verskietende sterre beter te kan sien. Volgens die Bronberg-weerstasie in Pretoria moet ‘n mens vanaf ‘n donker plek in noord-noord-oos in die rigting van die Lyra-sterrebeeld kyk om dit te kan sien. Die meteoorreën, wat in April en Junie voorkom, word veroorsaak deur stukkies van komeet-Thatcher (komeet C/1861 G1 Thatcher) wat agtergebly het en uitbrand.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie