Kyk uit vir Dennies en sy Brownie
Kyk uit vir Dennies en sy Brownie

Kyk uit vir Dennies en sy Brownie

Die band tussen 'n man en sy hond is vir
Otis Finck
Dennies Seibeb en sy vierpootmetgeselle het oor die jare bekendes vir die inwoners van Hentiesbaai geword.

Dennies (34) is sedert 2006 'n karwag en kyk vir die afgelope twee jaar na karre by Hentiesbaai Spar terwyl mense hul inkopies doen.

Sy getroue hond, Brownie, wie se are glo Jack Russel-bloed pomp, volg hom altyd oral en kort op sy hakke.

Dennies ry elke dag met sy fiets van Omdel af werk toe, met Brownie wat heelpad saamdraf. Dieselfde roetine speel namiddae af wanneer die twee weer die pad huis toe aandurf .

Brownie is verlede jaar deur Dennies aangeneem nadat Bruno (12), sy voorganger, weens ouderdom dood is.

Dennies het sommer gou sy weg na die plaaslike Dierebeskermingsver­eniging gevind en daar op Brownie afgekom.

“Die mense van die dorp het gesien hoe mooi ek vir hom sorg. Brownie is spekvet. Dit moedig mense aan om my te help om hom te voed en ook vir sy veeaartsonkostes te betaal. Inwoners gee gereeld vir my kontant of skenk hondekos sodat ek reg na my vierpootvriend kan omsien,” sê Dennies.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!