Kyk wat is op die maan gevind
Kyk wat is op die maan gevind

Kyk wat is op die maan gevind

Waterys is vir die eerste keer direk op die maan raakgesien.

Dit is gedoen met Nasa se maan-mineralogie-karteerder (M3) en kon waargeneem word op die donkerste en koudste plekke op die maan se oppervlak.

Die waterys kom plek-plek voor op die suid- en noordpool en daar word vermoed dit is baie oud.

Veral op die suidpool kom dit binne-in kraters voor, terwyl dit op die noordpool meer verspreid is.

Die werk is in die vaktydskrif PNAS gepubliseer.

Die M3-instrument was aan boord van die Chandrayaan-1-tuig wat in 2008 deur die Indiese Ruimteagent­skap gelanseer is. Dit het data versamel van ys wat van die oppervlak gereflekteer het, maar dit kan regstreeks meet hoe molekules infrarooi lig ­absorbeer. So kon dit onderskei tussen waterdamp, waterys en lopende water.

Die navorsing is gedoen deur die ­Universiteit van Hawai en die Brown-universiteit, asook Nasa se Ames-­navorsingsentrum.

Danksy die maan se draaias, kry die betrokke areas nooit sonlig nie, en is die temperatuur daar nie bo - 156°C nie. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!