KYK: Watertoerisme gedy langs Oranje
As jy nog nie die Oranjerivier en veral die Augrabies-waterval in vloed beleef het nie, moet jy spring. Dit is mooier as ooit.
Ronelle Rademeyer – Namibiërs ontwikkel waterkoors wanneer die eerste noemenswaardige reën uitsak en foto’s en video’s van vol riviere en nat landskappe op sosialemediaplatforms verskyn.
As die leliepan op plaas Sandhof naby Maltahöhe oortrek is met Crinum paludosum-lelies, sak al wat leef en beef op gasteplase en lodges in die omgewing toe om daguitstappies daarheen te onderneem.
Sossusvlei lyk soos die Mole in Desember wanneer die Tsaugabrivier deur die Sesriem-canyon tot in die vlei loop en tussen die duine opdam. Dan maak die lugspieëlings waarin die duine op bakkende somerdae dans, skielik plek vir ’n see van sonsambrele, strandhanddoeke en drywende lilo’s.
Verder jil en baljaar oud en jonk in die koel kuile van die canyon.
Dit is of die nasionale gemoed al ligter word namate die Namibiese landskap groener word.
Verlede jaar het ek en my man in Februarie eers gaan kyk hoe die Leonardville-Aranos-Stampriet-omgewing sy groen jas aantrek, en twee naweke later is ons saam met die seuns Namib toe om die woestyn te sien blom.
Vanjaar het ons besluit om suid te ry en die magtige Oranjerivier in volle vloedglorie te beleef.
VAN LESOTHO TOT ORANJEMUND
Die 2 432 km lange Oranjerivier ontspring in die Drakensberge van Lesotho en vloei weswaarts op die grens van die Vrystaat deur die Noord-Kaap, en vorm uiteindelik die suidelike grens tussen Suid-Afrika en Namibië voordat dit later by Oranjemund in die Atlantiese Oseaan uitmond. Dit is Suid-Afrika se langste rivier.
Die Oranjerivier het sy naam aan die Nederlandse Prins van Oranje te danke en is reeds in 1779 deur kolonel Robert J. Gordon só gedoop.
Dit word ook soms die Gariep genoem – afgelei van “!Garib” wat die Khoekhoegowab-naam daarvoor is.
Hoewel vanjaar nie naastenby só ’n uitsonderlike vloedjaar is soos wat oewerbewoners in 1936, 1967, 1974, 1988 of 2011 beleef het nie, ry ons Upington binne toe die rivier teen 1 434 kubieke meter water per sekonde (kumek, of m3/s) onderdeur die brug vloei.
Op 7 Maart 1974 toe die ergste vloed ooit dié dorp getref het, was die wal water wat oor oewerboerderye en -nedersettings gespoel het, ses keer groter. Op dié dag was die watervloei 8 315 kumek en die rivier se hoogte 9,9 m.
By die dorp se rugbyveld was selfs die dwarslatte van die rugbypale onder water.
GROEN KALAHARI
Hoewel ons Oranjerivier-sloertoer op Upington afgeskop het, was die rit van Windhoek af deur die Suide een skilderagtige plesier – soveel so dat ons veel langer as normaalweg tot op Ariamsvlei gery het. “Hou stil, ek móét hierdie afneem,” het ek verskeie kere opgewonde laat hoor as plate geel duiweltjies of wuiwende Boesmangras vir prentjiemooi tonele sorg.
Van Upington af koers ons roete met die N14 langs Keimoes toe. Dié deel van die Noord-Kaap tussen Upington tot anderkant Augrabies, staan as die Groen Kalahari bekend.
Dit word ook die Kokerboomroete genoem en sluit die hele gebied wes van Upington in – deur Kanoneiland, Keimoes, Kakamas en Riemvasmaak tot die Augrabies-waterval.
Jy kan die roete vanuit enige rigting aanpak – dis nie ’n pad wat van punt A na punt B afgelê hoef te word nie en daar is nie ’n volgorde waarin jy die dorpe moet besoek nie.
Namibiërs sou byvoorbeeld ook oor Vioolsdrift, Springbok, Aggeneys en Pofadder na dié gebied kon reis, en dan via Upington en die Nakop-grenspos kon terugkeer huis toe.
Ons het besluit om die eerste dag te ry tot by die Agrabies-waterval Nasionale Park (dit is deel van SANParke) waar ons ’n bungalow bespreek het. Dit is sowat 130 km vanaf Upington.
Die pad is besig en ons besef gou ons is nie die enigste “watertoeriste” wat wil beleef hoe die Oranjerivier by Augrabies met ’n bulderende geraam oor die 56 m hoë kranse tot in die rafyn tuimel nie. Dié nou kloof is omtrent 240 m diep en strek18 km ver.
G’n wonder die Khoikhoi het dit eeue gelede al “Aukoerebis”, die plek van Groot Geraas genoem nie.
Dit is moeilik om dít te beskryf wat jy ervaar wanneer jy op die boonste platform naaste aan die waterval staan en die enorme spoed aanskou waarmee die massa water na benede tuimel.
Jy beleef ’n klemmende angs as jy besef jou oorlewingskans is nul as iets sou gebeur en jy beland in die brullende watermassa. Terselfdertyd is die grootsheid daarvan ’n diep geestelike ervaring.
Wees gewaarsku dat wanneer die watervloei soos op 27 en 28 Januarie vanjaar tot 3 500 kumek styg, SANParke die platforms of uitkykpunte naaste aan die waterval sluit aangesien die water dan daaroor vloei.
Die sproei is dan ook so oorweldigend dat besoekers wat in die bungalows naaste aan die valle tuisgaan, op hul voorstoep sopnat “reën”.
Verlede Vrydag met ons besoek was die watervloei 1 437 kumek. Dit is geweldig baie water as ’n mens daaraan dink die water val normaalweg maar teen 'n vloei van 20 tot 50 m3/s na benede tuimel.
In 1974 was die vloei bo 8 000 kumek!
KANONEILAND, KEIMOES EN KAKAMAS
Die Groen Kalahari is ’n kontras van ongerepte halfwoestyn, afgewissel met welige wingerde in die vrugbare valleie van die Oranjerivier. Die watermassa baan sy weg deur hierdie barre, droë landskap en sy groen oewers is vrugbare oases.
Die wingerde van Upington tot by Kakamas lewer van die beste sultanadruiwe en rosyne in die wêreld. Ander druiwekultivars word ook verbou tesame met bone, lensies, ertjies, sagtevrugte, sitrus, lusern, koring en katoen. Kakamas is beroemd vir sy taaipitperskes.
Die dag ná ons Augrabies-besoek, ry ons kuier-kuier weer terug in die rigting van Upington en begin ons verkenning van die Groen Kalahari by Kanoneiland.
Dié dorp en boerderygemeenskap is letterlik op ’n groot eiland in die Oranjerivier geleë. Die eiland is 14 km lank, op sy breedste 3 km en het ’n oppervlakte van 2 500 ha waarvan tweederdes onder besproeiing is. Daar word hoofsaaklik met wingerd geboer, maar pekanneute, lusern, katoen en vrugte (hoofsaaklik sultanas) kom ook voor.
Ons tweede stop is die Scatec-sonplaas sowat 25 km buite Upington wat uit drie aanlegte met ’n totale opwekkingskapasiteit van 258 MW bestaan. Een van die aanlegte het ’n reuse- helderverligte kegel wat kilometers ver sigbaar is.
Keimoes se bekendste besienswaardighede is die waterwiel in die hoofstraat. Dit is ’n oorspronklike bakkiespomp wat toenterjare in die kanaal gebou is sodat die boere daaruit hul landerye kon besproei.
Dit word ook ’n Persiese wiel genoem en is soortgelyk aan die waterwiele wat in Ou Egipte gebruik is.
Ons besoek ook ’n padstap op die dorp waar allerlei gedroogte vrugte uit dié geweste te koop is. Ons koop ook ’n kissie yskoue druiwe vir die pad.
Jy was nie op Kakamas as jy nie by Die Mas was nie. Hier verbou Vlok Hanekom en sy seuns wingerd en rosyne. By die kelder is ’n oulike restaurant waar ’n mens buite onder ’n prieël kan kuier en hulle heerlike wyn, brandwyn en gin proe.
Hier is ook kampeerplekke en selfsorgverblyf.
Kakamas se ander móét is die Pienk Padstal, ’n heerlike snuffelplek met alles en nog wat. Bestel koffie en koek en verkyk jou aan die interessante oudhede en oulike gesegdes op uithangborde.
Die Rose Café verder af in die hoofstraat is beslis ook ’n besoek werd. Voor dié koffiewinkel-cum-padstal hang ’n reusagtige blou koffiebeker, prettig versier met wit magrietjies.
RIEMVASMAAK EN PELLA
Net buite Kakamas aan die noordekant van die Oranjerivier kry jy die afdraai na Riemvasmaak.
Sou jy van die N14 wil afwyk om hierdie Nama-gemeenskap te besoek, moet jy dit liefs met ’n 4x4-voertuig aanpak.
Riemvasmaak met sy waterwaterbronne, asemrowende natuurskoon en wonderlike staproetes, beslaan ’n gebied van 74 000 ha.
Dit is in 1993 ná ’n grondeissaak aan die Nama-gemeenskap terugbesorg, wat hulle hoofsaaklik by die ou sendingstasie gevestig het.
Omdat ons tyd beperk was, het ons besluit om nie Riemvasmaak by ons sloertoer in te sluit nie. ’n Mens het minstens ’n dag daarvoor nodig.
Pleks van weer Upington langs terug te ry, het ons op ’n sirkelroete oor Pofadder, Aggeneys, Springbok en Vioolsdrift na Windhoek besluit.
Dit het ons die geleentheid gegee om Pella aan te doen.
’n Mens draai net buite Pofadder af na dié Katolieke sendinggemeenskap in die Namakwaland.
Die dorp het in 1814 as ’n sendingpos van die Londense Sendinggenootskap ontstaan toe Christen-Khoisan hulle in die gebied gevestig het. Dit is genoem na die Palestynse dorp Pella, ’n antieke toevlugsoord vir Christene tydens die vervolging deur Romeinse owerhede.
Pella is later deur die Rynse Sendinggenootskap, en in 1875 uiteindelik deur die Rooms-Katolieke Kerk oorgeneem.
Toe ons die dorpie binnery, lê twee donkies lui langs die straat en waai die vlieë met hul ore weg.
Skielik staan ‘n jongman langs die pad en beduie ons moet stop. Hy is Jason, sê hy. Jason Markus. Sy groot droom is om eendag vir die Springbokke op vleuel uit die draf.
In sy hand het Jason ’n wit sokkie vol minerale soos pienk rooskwarts en pers ametis. Wil ons nie stene koop nie, vra hy. Die skool se rugbyspan samel geld in om die koste te dek van uitspeelwedstryde op nabygeleë dorpe, vertel Jason.
Toe ons groet, beduie hy hoe ons moet ry om by die kerk te kom - die hart en siel van dié Katolieke gemeenskap.
UIT EN TUIS
Vier dae en 2 500 km later is ons terug by die huis. Dit voel of ons ’n maand weg was.
Benewens die Groen Kalahari se ryk oes aan natuurgeskenke, het ons by Felix Unite op Noordoewer iets beleef wat nie baie toeriste al ervaar het nie, naamlik ’n laatmiddag donderstorm wat oombliklik die neerdrukkende hitte in die vallei breek.
Nie lank nie of ’n reënboog breek deur wat met sy een voet in Namibië en die ander in Suid-Afrika wydsbeen oor die Oranjerivier span.
Ons hét die pot goud gevind. [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie