Kyk wie blaas in JSE se nek
Kyk wie blaas in JSE se nek

Kyk wie blaas in JSE se nek

Die Tadawoel in Saoedi-Arabië het 171 genoteerde maatskappye en die JSE nagenoeg 500
Die JSE se indeks van alle aandele het ’n Amerikaanse dollar-markwaarde van US$489 miljard.

Die JSE bly die grootste aandelebeurs in die Midde-Ooste en Afrika, maar dalk nie meer vir lank nie.

Die Tadawoel, Saoedi-Arabië se beurs in Riaad, is die tweede grootste aandelebeurs.

In Amerikaanse dollar is die Tadawoel se markwaarde nou net US$25 miljard minder as die JSE se US$489 miljard. Die markwaarde is soos met sluitingstyd Vrydag.

Die Tadawoel het 171 genoteerde maatskappye en die JSE nagenoeg 500.

Wêreld

Wêreldwyd is JSE die 17de grootste aandelebeurs. Die grootste aandelebeurs is die New Yorkse Aandelebeurs, met ’n markwaarde van US$21 100 miljard (einde Julie).

Die JSE se indeks van alle aandele het sedert die begin van die jaar met meer as 10% gestyg, terwyl die Tadawoel se indeks van alle aandele met net 2,35% kon styg.

Die koninkryk het die afgelope paar jaar die mark probeer hervorm en die ekonomie diversifiseer om buitelandse beleggers te lok, maar sy grootste inkomste kom steeds van olie. Met die olieprys onder druk maak dit oorsese beleggers nog huiwerig om in die land te belê.

Intussen is daar ná jare waarin die beurs bykans stilgestaan het weer ’n bietjie optimisme oor Suid-Afrikaanse aandele. Didier Rabattu van Odier Asset Management in Londen, sê die politieke situasie “verbeter ’n bietjie” en die ekonomie is nou uit ’n resessie.

Politieke onsekerheid kan weer opbou in die aanloop tot die ANC se leiersverkiesing in Desember soos wat pres. Jacob Zuma se potensiële opvolgers steun probeer werf.

MSCI

Saoedi-Arabië is nog nie by die MSCI-indeks van ontluikende lande ingesluit nie – ’n stap wat outomaties tot ’n invloei van miljarde Amerikaanse dollars se buitelandse kapitaal sal lei. MSCI Inc., wat die indekse saamstel, sê dit kan dalk in 2018 gebeur.

Nog ’n firma wat belangrike wêreldindekse saamstel, FTSE Russell, kondig einde September aan of hy Saoedi-Arabië by sy indeks van ontluikende lande gaan insluit.

Aandele in albei lande vaar baie swakker as die MSCI-indeks vir ontwikkelende lande as geheel, wat vanjaar al met 27% gestyg het.

Die Amerikaanse dollar-markwaarde van die JSE het voordeel getrek uit die versterking van die rand, wat vanjaar al met 6,4% teenoor die greenback versterk het tot nagenoeg R12,93 Vrydagmiddag.

Daarenteen is die prys van die rial, Saoedi-Arabië se geldeenheid, sedert 2003 op US$0,27 vasgepen. – Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!