Kyk wie is nuut op die Fortune 500!
Interessante nuwe name verskyn op die jongste Forbes 500-lys van maatskappye.
Nellie Brand-Jonker - Suid-Afrika het seker die naaste tot nog toe daaraan gekom om ’n maatskappy op die Fortune 500-lys te kry.
Dit is omdat die Chinese tegnologiemaatskappy Tencent, waarin die JSE se grootste plaaslike maatskappy, Naspers, ’n groot belang het, een van die nuwelinge op dié lys is.
Hy lê nou 478ste op die lys, met ’n inkomste van US$22,8 miljard.
Wat is die Fortune 500?
Die Fortune Global 500-lys word jaarliks deur die internasionale navorsing-en-konsultasiegroep Oxford Business Group saamgestel. Dit toon die 500 grootste maatskappye ter wêreld gegrond op hul inkomste vir die boekjaar wat voor of op 31 Maart geëindig het.
Die 500 grootste maatskappye het saam US$27 700 miljard (US$27,7 trilion in Engels) se inkomste en US$1 500 miljard (US$1,5 trillion) se wins in 2016 geskep.
Die reusemaatskappye, wat van 34 lande afkomstig is, gee saam aan 67 miljoen mense wêreldwyd werk.
Dit is waarskynlik omdat Tencent se inkomste met amper 40% gestyg het, wat daartoe gelei het dat dit op die lys is.
In die beskrywing van Tencent word gesê die maatskappy het amper 39 000 personeellede. Sy wins het met 35% tot US$6,1 miljard gestyg.
Die grootste maatskappy op die lys is natuurlik Walmart. Die maatskappy is sedert 2000 eerste of tweede, maar sedert 2014 eerste.
Walmart besit ’n groot belang in Suid-Afrika se Massmart-groep wat Game en Makro in sy stal het.
Daar is 24 nuwelinge op die lys en ander wat bekend is aan Suid-Afrikaners, sluit in Facebook wat nou nommer 393 is, met ’n inkomste van US$27,6 miljard.
Ander bekendes is Hewlett Packard Enterprise, Chubb, Samsung en Alibaba.
Die grootste nuweling is die Duitse energiemaatskappy Uniper, met ’n inkomste van $74,4 miljard. Die maatskappy is nou 91ste op die lys, wat ’n reusesprong is. Dit is eers in Januarie 2016 begin toe E.ON se fossielbrandstofbates in ’n aparte maatskappy ontbondel is.
Die heel grootste sprong op die hele lys is egter deur Centene van Amerika gemaak.
Dit is ’n gesondheidsorgmaatskappy wat programme en dienste bied aan gebruikers van die regering se gesondheidsorgprogramme Medicare en Medicaid. Dit is die land se grootste Medicaid-gesondheidsorgbestuurder.
Sy inkomste het met amper 79% tot US$40,7 miljard gespring ná ’n verkryging.
Ter interessantheid
Onder die tien grootste maatskappye is ses van ander lande as Amerika. – Netwerk24
KASSIE:
Wie is die winsgewendste?
Die nommer in hakies is die maatskappy se nommer op die algehele ranglys.
1.Apple (9): US$45,6 miljard
2.Industrial & Commercial Bank of China (22): US$41,8 miljard
3.China Construction Bank (28): US$34,8 miljard
4.Agricultural Bank of China (38): US$27,6 miljard
5.Bank of China (42): US$24,7 miljard
6.J.P. Morgan Chase (48): US$24,7 miljard
7.Berkshire Hathaway (8): US$24 miljard
8.Wells Fargo (61): $21,9 miljard
9.Alphabet (Google se moedermaatskappy) (65): US$19,4 miljard
10.Samsung Electronics (15): US$19,3 miljard
KASSIE
Wie is die grootste?
1.Walmart (Amerika): US$485,8 miljard
2.State Grid (China): US$315,1 miljard
3.Sinopec Group (China): US$267,5 miljard
4.China National Petroleum (China): US$262,5 miljard
5.Toyota Motor (Japan): US$254,6 miljard
6.Volkswagen (Duitsland): US$240,2 miljard
7.Royal Dutch Shell (Nederland): US$240 miljard
8.Berkshire Hathaway (Amerika): US$223,6 miljard
9.Apple (Amerika): US$215,6 miljard
10.Exxon Mobil (Amerika): US$205 miljard

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie