Kyron op sy stukke deur die berge
Elke atleet moes self sy pad deur die nag oor berge en dale vind.
Tielman van Lill – Kyron Raad van Windhoek het vroeër vandeesmaand aan die Cederberg-uithouwedloop oor 60 kilometer in Suid-Afrika deelgeneem waar hy tweede geëindig het.
Raad het die afstand met 'n totale vertikale klimhoogte van 2 512 meter deur die berge en klowe in die Wes-Kaap binne sewe ure 52 minute voltooi. Kyle Herring van Suid-Afrika was eerste in 7:27, terwyl Hayden Hobbs (8:34) derde was.
Die Namibiër het in Mei ook aan die Mac Mac Ultra oor 80 km naby Sabie in Mpumalanga deelgeneem en die derde plek behaal. Hy vertel die uiterste temperature en reën het toe sy kragte getoets, maar dit was een van die renne wat hy nog die meeste geniet het. Raad het aan Republikein gesê: “Ek het iets korter en vinniger gesoek om te herstel voor ek einde November aan die Ultra Trail Kaapstad-byeenkoms deelneem.
“Ek het reeds vir die 65 km ingeskryf, maar besluit nog of ek nie die 100 km moet aanpak nie. Hierdie was net 'n proeflopie om te toets of ek reg vir die Kaap is.
“Die byeenkoms is die enigste in Suid-Afrika wat deel is van die Internasionale Ultra Trail-vereniging se Wêreldtoer wat al die groot kanonne na die Kaap laat stroom. Ek het in 2019 'n sewende plek behaal.“Ek is dankbaar vir my tweede posisie in die Cederberge, maar ek voel ek sal volgende keer minstens 40 minute by my huidige tyd kan afknyp. Met die derde atleet so ver agter my het ek nie alles ingesit nie, dus is daar ruimte vir verbetering.
“Die Cederberg Traverse is nie so gekommersialiseer soos die ander byeenkomste nie. Elke atleet moet self sy pad deur die nag oor berge en dale vind en is vir sy eie kos en water verantwoordelik. Presies nes ek daarvan hou.
“'n Ou se kop moet sterk wees, veral met die konstante geklouter en afdraandes waar jou bene getoets word.
“Die omgewing en berg is asemrowend mooi; die roete van Middelberghut op na die kruin was vir my die beste deel.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie