Kyron spog met nuwe enjin en binneruim

KYRON se nuwe sportnuts is pas met ‘n splinternuwe vyfsilinder dieselturbo-enjin toegerus en die baklyne is meer modern en vloeiend. Dit geld ook vir die onmiskenbare hoofligmontering met bypassende horisontale misligte, verchroomde verkoelerrooster tot die goed gebalanseerde agterkant met die groter agterklapglas.

Die binnekant is heeltemal van leer wat ‘n atmosfeer van luuksheid en elegansie skep. Die beste eienskap waaroor daar groot opgewondenheid is, is die nuwe Kyron XDi 270 dieselenjin wat met turbo-aanjaging en tussenverkoeler toegerus is. Die vyfslinderenjin het ‘n volume van 2.696 liter met ‘n kraglewering van 121 kW by 4 000 o.p.m. en maksimum wringkrag van 340 Nm.

Laasgenoemde is reeds so laag as 1 800 o.p.m. beskikbaar en loop deur tot by 3 250 o.p.m. Volgens SsangYong is die derde generasie turbodieselenjin besonder stil en maak dit ook gebruik van die moderne drukbuisinspuiting. Laasgenoemde is gekoppel aan die nuutste CAN-tegnologie (Controller Area Network) wat sorg vir die beste verbranding ooit.
Die Kyron is voorts met ‘n tweestrek oordraratkas toegerus wat die SsangYong-enjin se lae- en middelwringkrag teen ‘n steil op- of afdraande of op modderige terrein vermeerder. Danksy die deeltydse vierwielaandrywing kan jy van twee- na vierwielaandrywing oorskakel terwyl die voertuig in rat is en beweeg. Vir veiligheid is dubbele lugsakke, sybotsstawe, sluitweerremme (ABS), frommelsones en ‘n ultravaste driedubbellaag staalraam aangebring. Laasgenoemde bied nie net beskerming aan insittendes nie, maar verminder ook vibrasie om die voertuig sagter te laat ry. Dubbele mikvering, wat gewoonlik net by eksklusiewe sportnutsvoertuie en luukse motors voorkom, verbeter die voertuig se stabiliteit en stuurbeheer.

Twee arms sorg vir die beste wielkontak op voortdurend veranderende oppervlakke met die oog op groter stabiliteit, terwyl die presiese wielsporing die stabiliteit en hantering verbeter. Die gasgevulde dubbelaksie skokbrekers, stabiliseerstang, die onderste en boonste arms en kronkelvere laat die voertuig blykbaar so gerieflik soos ‘n passasiersmotor ry.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!