KZN-ANC kap ‘openbare aanvalle’ op Cyril
Mdumiseni Ntuli het op ’n nuuskonferensie die party se steun vir Ramaphosa bevestig.
Ethan van Diemen - Die ANC in KwaZulu-Natal het sy steun vir pres. Cyril Ramaphosa uitgespreek nadat die openbare beskermer (OB) ’n uitspraak teen hom gemaak het oor die finansiering van sy veldtog in 2017 om ANC-president te word.
Mdumiseni Ntuli, provinsiale sekretaris van die ANC, het op ’n nuuskonferensie die party se steun vir Ramaphosa bevestig en gesê die “volgehoue openbare aanvalle” is net bedoel om die party te verswak.
“Die provinsiale uitvoerende komitee (PUK) het die verwikkelinge en uitdagings gevolg wat die ANC in die algemeen en die president van ons beweging in die besonder in die gesig staar.
“Daar is ’n duidelike begeerte om die aandag van die president af te lei van die historiese taak om ons mense na ’n nasionale demokratiese samelewing te lei. Ons moet saam met die president hierdie pogings teenstaan en diegene daaragter verslaan,” sê Ntuli.
Hierdie uitspraak kan beskou word as ’n duidelike verskuiwing vir ’n provinsie wat tradisioneel ’n vesting vir oudpres. Jacob Zuma was.
Ramaphosa het die afgelope paar weke onder negatiewe mediadekking deurgeloop, asook aanvalle van sy politieke opponente binne en buite die ANC, en moet regsuitdagings waarby die OB betrokke is, die hoof bied.
Ntuli sê “dit is vanselfsprekend dat die hoofdoel van die aanvalle op die president is om die ANC te verdeel en uiteindelik te verwyder as die leier van ons mense en die leier van ons nasionale demokratiese samelewing”.
“Die PUK is eenparig in sy standpunt dat die ANC-president in hierdie moeilike tye gerus moet wees in die ondersteuning van alle strukture en lede van die ANC in KwaZulu-Natal.
“Van groot belang is die feit dat die president altyd binne die raamwerk van die wet optree wanneer hy dié voortdurende uitdagings hanteer.
“Die PUK doen ’n beroep op die nasionale uitvoerende komitee van ons beweging om standvastig verenig te wees in die hantering van die heersende uitdagings, en altyd op te tree in die beste belang van die nasionale demokratiese revolusie,” sê Ntuli. - News24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie