Ál meer uit Afrika op VSA se grens voorgekeer
Amerikaanse doeanebeamptes by die Eagle Pass-grenspos langs die Rio Grande-rivier op die grens met Mexiko het ’n groep van 34 vlugtelinge uit Afrika aangekeer.
Die Amerikaanse doeane-en-grensbeskermingsagentskap (CBP) het Donderdag in ’n mediaverklaring gesê daar was die afgelope week ’n drastiese toename in die getal onwettige immigrante uit Afrika-lande wat in die Del Rio-gebied in hegtenis geneem word.
“Die nuwe groep immigrante plaas nog meer druk op grensposte waar aansoeke verwerk word, omdat hul taal en kulturele verskille in ag geneem moet word,” het Raul L. Ortiz, Del Rio se hoof, gesê.
“Ons beamptes hanteer nuwe uitdaging soos wat die voortslepende humanitêre krisis ontvou.”
Beamptes by die Eagle Pass-grenspos het Woensdag die groep van 34 mense in hegtenis geneem.
Sedert 30 Mei is meer as 500 mense uit Afrika-lande in die Del Rio-gebied aangekeer.
“Beamptes het al immigrante uit Afrika teëgekom wat die Rio Grande-rivier op verskillende tye probeer oorsteek het. In een groep was daar meer as 100 mense.”
Hierdie groepe bestaan hoofsaaklik uit families uit die Demokratiese Republiek van die Kongo en Angola.
Daar is tot dusver vanjaar 33 000 mense in die Del Rio-gebied aangekeer. Dit is meer as dubbeld soveel as die vorige jaar.
“Meer as 27 000 van hulle, oftewel 80%, kom nie uit Mexiko nie, maar uit 38 ander lande.”
Die Del Rio-gebied word deur ’n gesamentlik taakspan gepatrolleer en federale, staats- en plaaslike hulpbronne word ingespan om oorgrens-misdaadsindikate vas te vat. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie