Ál minder slaankrag vir Namibië
Uit die 98 aanwysers waaruit die Wêreld- Ekonomiese Forum sy nuwe mededingingheidsindeks saamgestel het, het Namibië met bykans ‘n derde swakker as verlede jaar gevaar.
Jo-Maré Duddy – Namibië is nou een van 40 ekonomieë met die minste mededingingsmag ter wêreld.
Die Wêreld- Ekonomiese Forum (WEF) se toonaangewende mededingingheidsindeks wat gister vrygestel is, plaas Namibië 100ste op sy lys van 140 lande. Dié indeks het vanjaar nuwe metodes ingespan sodat dit lande se toekomstige gereedheid vir mededinging beter weerspieël. Die fokus val nou onder meer op tegnologie, innovering asook menslike kapitaal en toets ‘n ekonomie se weerstand en veerkragtigheid.
Volgens die jongste indeks was Namibië verlede jaar 99ste uit 135 lande. Die ou indeks het Namibië 90ste geplaas. Op die ou indeks was Namibië in 2017 die sewende mededingendste ekonomie in Afrika. Op vanjaar se nuwe indeks moes dit met die 10de plek vir 2018 tevrede wees.
Uit die 98 aanwysers waaruit die nuwe indeks saamgestel is, het Namibië met bykans ‘n derde swakker as verlede jaar gevaar. Op amper ‘n kwart van die aanwysers lê Namibië 100ste en laer op die ranglys.
Vrot appels
Die land se “skulddinamika” het hom die 102de plek besorg. Namibië se rommelstatus by Fitch Ratings en Moody’s was hier van deurslaggewende belang, so ook die regering se skuldlas, wat in 2017-’18 meer as 43% van die land se bruto binnelandse produk (BBP) beloop het.
Die stryd om werkspermitte te bekom, het aan Namibië sy laagste rang van 136ste besorg.
Op ‘n ander subindeks – die gemak waarmee kundige werknemers gevind kan word – lê die land 114de.
Die gesloer om ‘n besigheid op die been te bring – 66 dae – het die land 135ste op die betrokke aanwyserindeks laat beland.
Namibië lê 110de op die indeks wat die gehalte van grondadministrasie meet. Dié indeks neem onder meer die deursigtigheid van inligting, die oplos van grondgeskille en gelyke toegang tot eiendomsreg in ag.
In teenstelling hiermee word die land betreffende eiendomsregte hoog geag. Hier lê die land 31ste in die wêreld.
Vir die verhouding tussen krediet en die BBP en die langtermynneiging hiervan, is Namibië 130ste geplaas. Die sowat 17 uit elke 100 000 mense wat vermoor het, beteken Namibië lê 128ste op die “moordindeks”.
Op sosiomaatskaplike gebied het Namibië ook sleg gevaar. Inwoners kan gemiddeld bykans 57 jaar van ‘n gesonde lewe verwag. Dit plaas Namibië 116de op die betrokke subindeks. Bykans 29% van die bevolking is aan onveilige drinkwater blootgestel, wat Namibië 103de in die wêreld plaas.
Uitblinkers
Met geen voorvalle van terrorisme beklee Namibië, saam met 23 ander lande, die topposisie op dié subindeks.
Die land het ook op onder meer die volgende subindekse uitgeblink: Onafhanklikheid van die regbank (27ste); mediavryheid (24ste); gehalte van paaie (28ste) en wanpresterende lenings in die finansiële stelsel (19de).
*Lees ook die berig op bl. 3 in vandag se uitgawe van Market Watch elders in die koerant.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie