Laaste kans op sukses vir skerpskutters
Boogskiet
Tielman van Lill - Quinn Reddig (16 jaar) en Adriaan Grobler (19) het Woensdag in Rabat, Marokko, as gemengde span by die Afrika-spele skoonskip gemaak om tot die finaal in die terugbuigboogafdeling (recurve bow) deur te dring.
Reddig en Grobler het Namibië se drome lewendig gehou om moontlik vir die 2020 Tokio Olimpiese Spele in Japan te kwalifiseer. Maar dan sal die tweemanskap vandag vir Egipte by die Moulay Rachid Nasionale Sportsentrum in Salé moet uitoorlê.
Indien die Namibiërs hierin kan slaag, kan afrigter Frank Reddig en sy twee skitterende skutters solank hul pyle vir die Land van die Opkomense Son begin slyp. Tsjad en die Ivoorkus sal sake vir die bronsmedalje uitspook.
Reddig het verlede jaar Oktober by die Olimpiese Jeugspele in Buenos Aires, Argentinië, deelgeneem waar sy saam met Trenton Cowles van die VSA 'n bronsmedalje in die saamgestelde boogafdeling vir gemengde spanne ingepalm het. Reddig se internasionale ondervinding is van groot waarde en kan 'n kalmerende invloed op Grobler se vertoning hê.
In die kwarteindronde het Egipte vir Tunisië met 6-2 uitgeskakel; Tsjad het Marokko met 6-2 geklop; Ivoorkus seëvier teen Algerië met 5-3 en Namibië wen met 5-1 teen Suid-Afrika.
Die semifinaal was beide spannende vertonings tussen Egipte en Tsjad (5-1) en Namibië teen Ivoorkus (6-1), waar die jong Egiptenare Youssof Tolba (18) en Reem Mansour (25) asook die Namibiërs as die topspanne na vore getree het.
Egipte is Afrika se reus met die boog. Nie net tree sy skutters vir die gemengde spanfinaal aan nie, maar ook in die individuele finale vir mans en vroue. Hoewel Reddig nie tot die finale ronde vir vroue kon vorder nie, het sy as die topvrouskut by die spele na vore getree.
Sy het haar saam met Tolba (656 uit 720) as die mees akkurate vroueskutter in die kwalifikasieronde gevestig deur 629 punte uit 720 (72 pyle oor 70 meter) te behaal. Ná Tolba het Franck Eyeni van die Ivoorkus met 633 en sy Egiptiese spanmaat, Sherif Mohamed (627), die derde en vierde posisies ingeneem. Reddig het Mansour uitgestof en kan sekerlik 'n sielkundige voordeel bo haar eweknie in die goue medaljestryd hê.
VROUE
Reddig het in die ronde van agt vir Hallas Maria Martine Abaifouta van Tsjad met 6-2 verslaan, maar is in die kwarteindronde deur Anne-Marcelle Diombo Esmei van Ivoorkus met 6-2 geklop.
Diombo Esmei skiet vandag in die finaal teen Elwalid Rihab van Tunisië vir die goue medalje met Adam Amal (Kenia) en Catharina Whitehead (Suid-Afrika) wat 'n eienaar vir brons soek.
MANS
Grobler het vir Almujreesi Muhanad (Libië) in die uitdunrondte van 16 met 6-2 gewen, maar David Areneo (Malawi) klop hom in die volgende ronde met 6-4.
Hammed Mohamed (Tunisië) en Mohamed Sherif (Egipte) spook sake vir die goud uit, terwyl brons om óf Tolba Youssof (Egipte) óf Madaye Israel (Tjaad) se nek gehang sal word.
Frank Reddig, afrigter van Namibië, sê die span is gretig om die beste van die geleentheid te maak.
“Ons is ietwat teleurgestel in die uitslae vir die individuele kompetisie, want ons het dit nie regtig verwag nie. Maar dit is tipies hoe sport verloop – dinge kan in 'n oogwenk handomkeer verander.
“Adriaan en Quinn het baie goed geskiet, maar kon nie verder vorder nie. Gelukkig het ons (vandag) nog 'n kans om goud in die gemengde spankompetisie te verwerf. Ek is geweldig trots op hulle, want as jy kyk hoeveel skutters ons het, het Namibië fenomenaal teen die res van Afrika gevaar.
“Namibië kan met reg trots op hulle wees, want hulle was ware ambassadeurs vir hul land.
“Marokko het 'n fantastiese Spele aangebied en was baie professioneel. Ons kan hulle regtig op die skouer klop met die prestasie,” het die afrigter gesê.
Vanjaar was die eerste keer dat boogskiet by die Afrika-spele aangebied is. Die terugbuigboogdissipline is die enigste erkende Olimpiese kode, terwyl die saamgestelde boog (compound) nog nie Olimpiese status verkry het nie. Agt-en-dertig mans en 24 vroue het in Rabat deelgeneem.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie