Laaste musketier van die Kings kry doodskoot
Des Erasmus - Die laaste van vyf internasionaal bekende karakters van die silwerdoek, The Five Musketeers, is deur Namibiërs self uitgewis. Hy was die jong leeumannetjie Tullamore van die bekroonde dokumentêre fliek, The Vanishing Kings.
Onsekerheid heers oor of die koning van die leeutrop van Okongue vergiftig of geskiet is.
Tullamore was ‘n nekbanddraer. Die slagting op die pragdier van net meer as ses jaar kon reeds so lank as twee maande gelede afgespeel het. Vanjaar op 7 April het dr. Flip Stander van die woestynleeuprojek reeds alarm gemaak dat Tullamore vermis word met geen sein wat van sy bewegings ontvang word nie. Dit het tot ‘n omvattende ondersoeke ter plaatse deur ‘n tweede leeubewaringsinstansie gelei.
Vrydag is bevestiging vir Tullamore se dood in boodskappe per veldtelefoon met talle onderbrekings aan Republikein gegee. In die opvolgoperasie is bo alle twyfel vasgestel dat die pragdier dood is. Sy nekband is verwyder en verbrand. Saam met Tullamore het ook ‘n wyfie en twee welpies die slagoffers in die konflik tussen mens en dier in die afgeleë gebied geword. Bewyse van die gruwel, asook beëdigde verklarings is blykbaar beskikbaar.
Ná die dood van die eerste vier leeus van die bekroonde dokumentêre fliek is Tullamore in belang van sy eie veiligheid na die omgewing van Okongue oorgeplaas. Daar het hy die leier van ‘n trop geword met onder meer die wyfie wat nou saam met hul twee welpies van drie maande dood is.
Die voorval is wel by die verteenwoordiger van die ministerie van die omgewing en toerisme op Sesfontein aangemeld, maar daarna is geen woord daaroor gespreek nie. Tullamore se wyfie was, soos hy, ‘n nekbranddraer. Opdrag is moontlik gegee dat die nekbande verbrand moet word.
Die voorval het in dieselfde omgewing afgespeel waar die beroemde woestynleeu Terrace geskiet is.
Een weergawe was dat drie skote op Tullamore gevuur is in ‘n gebied waar mense hul vuurwapens juis oor die mens-dier-konflik moes afstaan. In die proses is die wyfie blykbaar ook gekwes en is sy dood. Later is sy, soos die twee welpies, ook dood.
Van die oorspronklike vyf musketiers is een geskiet en een gewond om later te oorleef. Toe is die oorlewende wyfie saam met nog twee lede van die beroemde trop vergiftig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie