Laaste noordelike witrenosterbul is dood
Laaste noordelike witrenosterbul is dood

Laaste noordelike witrenosterbul is dood

Kenia
NAMPA
Die wêreld se laaste noordelike witrenosterbul is dood, het verteenwoordigers van die Keniaanse bewaringsgebied gesê wat hom versorg het.

Slegs twee witrenosterkoeie van hierdie subspesie lewe nog. Wetenskaplikes is egter vol hoop dat hulle die spesie van uitwissing kan red.

Verteenwoordigers van die Ol Pejeta-bewaringsgebied sê natuurbewaarders het die besluit geneem om die 45-jarige renoster, Soedan, weens sy vinnig verslegtende toestand uit te sit.

Soedan is vir ouderdomskomplikasies behandel wat sy spiere en pote beïnvloed en velwonde veroorsaak het.

Hy het voorheen in die Dver Kralove-dieretuin in die Tsjeggiese Republiek gewoon voordat hy in Ol Pejeta, ongeveer 250 kilometer noord van Nairobi, hervestig is.

In die 1970's het Kenia 20 000 renosters gehad. In die 1990's het dit tot 400 afgeneem. Getalle het sedertdien toegeneem tot 650, waarvan die meeste swartrenosters is. – Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!