Laaste padongelukke van 2017
Laaste padongelukke van 2017

Laaste padongelukke van 2017

Augetto Graig
Augetto Graig - Padongelukke het nóg lewens oor die laaste naweek van 2017 geëis.

Op die pad tussen Mariental en Gochas, sowat 55 km van Lappa Lange op die M29-grondpad, het ’n onwettige bestuurder se sedanvoertuig omgeslaan ná dit die pad verlaat het.

Die 24-jarige bestuurder was sonder rybewys en het omstreeks 05:00 op 29 Desember beheer oor die voertuig verloor.

Van die vier insittendes in die voertuig is twee ernstig beseer.

Hulle is na die naaste hospitaal vir behandeling geneem.

Die bestuurder is in hegtenis geneem terwyl die polisieondersoek voortgaan.

By die Otjitho-dorpie naby Ruacana ondersoek die polisie ’n saak van roekelose of nalatige bestuur wat Vrydag plaasgevind het.

Omstreeks 15:35 het ’n bestuurder beheer oor ’n motor verloor, terwyl hy van oos na wes op die Outapi-Ruacana-pad gery het.

Die 31-jarige bestuurder van die Etunda-dorpie het ernstige beserings opgedoen, terwyl sy passasier lig beseer is.

Saterdagaand, omstreeks 23:00, is ’n voetganger by die sirkel op die B1-pad by Keetmanshoop op die pad na Grunau doodgery.

Die polisie beweer hy is deur twee agtereenvolgende motors raakgery.

Hulle vermoed hy is moontlik vroeër reeds getref en in die pad gelos.

Een van die bestuurders betrokke is ’n Chinese burger.

Die oorledene is as mnr. Antanasuis Vries geïdentifiseer en sy familie is van die voorval ingelig terwyl die polisieondersoek voortgaan.

Sondag omstreeks 11:00 het ’n gru-ongeluk op die C14-grondpad tussen die Gaub-pas en die Kuiseb-pas plaasgevind. Twee Suid-Afrikaners is op slag dood.

Die polisie beweer dat die Jeep waarin hulle gery het op ’n blinde hoogte probeer verbysteek het toe hulle trompop met ’n aankomende voertuig gebots het.

Die ander voertuig, met vier Franse passasiers binne, is deur ’n Namibiër bestuur.

Almal is beseer en na die Welwitschia-hospitaal op Walvisbaai vir behandeling geneem. Die polisieondersoek duur voort.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!