Laaste pyle vlieg vir gradering
Boogskiet
Tielman van Lill
Altesame 117 junior (laerskool) en senior (hoërskool) skutters wat aan die Nasionale Boogskietprogram vir skole (NASP) deelneem, het laas Saterdag by SKW die kans gehad om vir oulaas hul gradering en ranglyspunte te verbeter.
Twee spanne van 16 skuts elk moet gekies word om Namibië by die 2017 NASP Afrika All Stars-kampioenskap te verteenwoordig wat vanaf 6 tot 10 Julie in Windhoek aangebied word. Een span sal die 16 beste beskikbare pyltrekkers in die land wees, terwyl ’n ontwikkelingspan ook by dié grootse geleentheid ondervinding sal kan opdoen.
Met die komende groot kampioenskap in gedagte, het die jong deelnemers behoorlik uitgehaal om in winderige toestande te presteer. Selfs ’n ligte bui reën het vir ’n rukkie uitgesak om die kompetisie interessant te maak. Die byeenkoms is goed deur die kinders se ouers ondersteun wat gemaklik onder die koeltebome of gazebo’s met ’n versnapering of twee kon ontspan terwyl die jeug die pyle laat vlieg het.
In die Bulls Eye-afdeling het elkeen die kans gehad om drie rondes te skiet. Hier was FP Scholtz met sy briljante telling van 294 uit 300 die beste skut wat boonop die Namibiese rekord geëwenaar het.
Ná die kompetisie het die deelnemers en ouers na St. George’s Skool vertrek waar Birgit Hoffmann waardevolle inligting rakende sielkundige voorbereiding vir die kampioenskap aan die kinders oorgedra het. Met Hoffmann se insette is die skuts behoorlik op koers om vir die groot oomblik in Julie voor te berei.
In ’n verklaring sê die NASP: “Die organiseerders bedank elkeen van die ouers wat ver gery het om die kompetise by te woon en hul kinders die kans te gee om deel te neem. Dankie aan die beamptes en vrywilligers wat seker gemaak het die kompetise verloop glad en sonder haakplekke. Baie dankie aan ons borge Butt Archery Supplies, Namibië Brouerye en die Woortman-familie wat die fasiliteite versorg. ’n Groot dankie aan Birgit Hoffmann wat bereid was om die skutters sielkundig voor te berei om hul mikpunte te bereik.”
Die twee spanne wat aan die 2017 NASP All Stars Afrika-kampioenskap gaan deelneem, behoort teen aanstaande week bekend gemaak te word.
Die voorste boogskutters wat medaljes ontvang het:
Juniors:
Mia Delport (Gobabis Gimnasium, graad 7) 815 rondes (32 tiene).
Mari Louw (Gobabis Gim, grd. 5) 782 rondes (25 tiene).
Jomari Campbell (Privaatskool Elnatan, graad 6) 782 rondes (23 tiene).
MJ van der Westhuizen (Berg-Op Akademie, graad 6) 831 rondes (38 tiene).
Delron Gaoseb (CHS, graad 7) 830 rondes (37 tiene).
Matthew Jose (Berg-Op, graad 6) 822 rondes (38 tne).
Seniors:
Dominique Bekker (Walvisbaai Privaat Hoërskool, graad 11) 851 rondes (52 tiene).
Isabel Louw (Gobabis Gim, graad 8) 819 rondes (39 tiene).
Melany Erasmus (Berg-Op, graad 11) 815 rondes (32 tiene).
Wian Lottering (Gobabis Gim, graad 9) 870 rondes (63 tiene).
FP Scholtz (Walvisbaai PHS, graad 11) 854 rondes (55 tiene).
Pieter Hough (Walvisbaai PHS, graad 8) 853 rondes (50 tiene).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie