Laaste ren lewer spannende naelritte
Alex Miller en Genevieve Weber het die individuele resiese beklink, hoewel dié reeks se fokus op die spankompetisie is.
Tielman van Lill
Die vierde en laaste byeenkoms van die Nedbank Windhoek Pedal Power-reeks is Sondagoggend in Windhoek afgehandel waar Alex Miller in die elite afdeling ’n naelrit na die eindstreep gewen het.
Die voorste groep het saam-saam oor die eindstreep gestroom ná die Copper Kettle Loops van tien rondtes van ’n sirkelroete rondom Pionierspark, wat op ’n afstand van sowat 80 km uitgewerk het.
Hoewel dieselfde tyd aan die ryers in die eerste tien posisies toegeken is, het Miller sy stempel met 1 uur 45 minute 46 sekondes afgedruk met Martin Freyer tweede en Ingram Cuff derde.
By die elite vroue (nege rondtes, sowat 60 km) was Genevieve Weber naelskraap eerste in 1:37:28, gevolg deur Bertha Theron en Leandie Labuschagne in dieselfde tyd. Die res van die bondel in die naelrit was slegs twee sekondes stadiger oor die eindstreep, wat getuig van die taai stryd wat ook in vrouerenne heers.
Die vrouegunsteling Michelle Vorster, lid van die Hollard-span wat die titel reeds in die sak gehad het, het in ’n veilige posisie klaargemaak nadat sy tydens baanrondte 7 se sneldeel op hoë spoed ’n noue ontkoming met ’n voertuig gehad het. Hollard MyLife (38) het die laat aanslag van #MBMRacing (36) en Lumber City (24) afgeweer.
In die elite manspanne het Hollard Life die kampioenskap vir 2020 beklink. Die span eindig met 74 punte gelyk met #MBMRacing, maar met ’n beter gesamentlike tyd. Derde was Hollard Insurance (72) en vierde Team Kia Elite (68).
Die vernaamste uitslae:
Elite mans: 1 Alex Miller (MBM Racing), 2 Martin Freyer (Hollard Life), 3 Ingram Cuff (Hollard Insure), 4 Horst Neumann (Hollard Insure), 5 Kai Pritzen (Cymot), 6 Willie Junius (Lumber City), 7 Hugo Hahn (MBM Racing), 8 Bergran Jensen (MBM Racing), 9 Drikus Coetzee (Hollard Insure), 10 Brandon Plaatjes (NCCS).
Elite vroue: 1 Genevieve Weber (MBM Racing), 2 Bertha Theron (Food Lovers Market), 3 Leandie Labuschagne (FLM, almal 1:37:28), 4 Binette Klein (Ingwe Ladies), 5 Robyn-Lee Swartz (Hollard MyLife, een sekonde later), 6 Jaen-Marie Mostert (Ingwe, twee sekondes ná wenner), 7 Silke Bean (MBM Racing), 8 Michelle Vorster (Hollard MyLife), 9 Irene Steyn (MBM Racing), 10 Zoe Mitchell (Hollard MyLife).
Mans ope: 1 Steve Chase (1:38:32), 2 Greg Chase (1:38:32), 3 Christopher du Plessis (1:38:33).
Vroue ope: 1 Adele Conradie, 2 Lelani Swart (1:48:05), 3 Michaela Ham (1:59:38).
Meesters mans: 1 Andy Chase (1:38:32), 2 Nick du Plessis (1:38:33), 3 Sarel Boshoff (1:38:50).
Meesters vroue: 1 Mandy Huysamen (54:43).
Grootmeesters mans: 1 Hartmut Ruppel (53:29), 2 Hans-Peter Drobisch (54:40).
Grootmeestes vroue: 1 Berrit Graf (1:04:30).
Mans individueel: 1 Jurgen van Wyk en 2 Tevin Nickel (1:27:12), 3 Neil Dyason (1:27:13).
Vroue individueel: 1 Sonja Obholzer (54:10), 2 Bronwen Chase (54:20), 3 Bianca Janse van Vuuren (55:59).
O.16 seuns: 1 Daniel Hahn (1:38:33), 2 Ethan L’Estrange, 3 Adrian Key (beide 1:38:34).
O.16 meisies: 1 Lené du Plessis (56:02).
O.14 seuns: 1 Roger Suren, 2 Oskar Roeber (00:53:25), 3 Kian Brinkmann (53:27).
O.14 meisies: 1 Delsia Janse van Vuuren (36:14).
O.12 seuns: 1 Marco Thiel (36:12), 2 Nathan Chase (36:12), 3 Sean Lowe (36:16).
O.12 meisies: 1 Marinelle Lambert (39:45), 2 Rosemarie Thiel (42:32).
O.10 seuns: 1 Micah Chase, 2 Luke Coomer (beide 24:00), 3 Calvin Nickel (35:29).
O.10 meisies: 1 Nicole Suren (31:06).
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie