Laaste stadsraadsvergadering afgehandel

Die inswering van nuut aangewysde raadslede sal op 2 Desember plaasvind.
Kristien Kruger
Kristien Kruger – Die laaste stadsraadsvergadering is Donderdag by die Windhoek-munisipaliteit gehou voordat die plaaslike owerheids- en streeksverkiesing op 25 November plaasvind.

Volgens die burgemeester, me. Fransina Kahungu, sal die inswering van die nuut aangewese raadslede op 2 Desember plaasvind.

Die burgemeester se jaarverslag vir 2020 word ter tafel gelê tydens ’n spesiale raadsvergadering wat op 2 Desember sal geskied.

PROJEKTE

Die stadsraad hou in hierdie termyn vol met bestaande projekte om basiese dienste soos water en elektrisiteit aan gemeenskappe te voorsien.

Hulle het hul pogings versterk om te verseker dat inwoners toegang tot grond het en dat hulle ’n dak oor hul koppe het.

“Dit het ons gedoen deur alle huishoudings in informele nedersettings te registreer en die uitreiking van sertifikate van erkenning vir die besetting van munisipale grond.

“Ons het aangehou met die laekostebehuisingsprojek, wat tot dusver 18 huise gelewer het met 26 wat amper voltooi is.”

Buiten hierdie projekte het die stadsraad verskeie ander inisiatiewe ondersteun soos die opknapping van openbare toilette en voedselverskaffing, asook ander basiese geriewe vir behoeftiges in gemeenskappe.

BURGEMEESTER WAS 'N EER

“Dit was ’n eer om Windhoek te kan dien as raadslid, adjunkburgemeester en burgemeester sedert Desember 2015.

“Ek is dankbaar vir die geleentheid wat aan my gegee is om so ’n toegewyde span te kon lei in die uitvoering van gemeenskapsprojekte en die aanspreek van kwessie met die doel om ons mense se bestaan te verbeter,” het Kahungu gesê.

Die burgemeester het haar mederaadslede en -werknemers vir hul toewyding en harde werk bedank.

“Ek wil graag jul bydrae, samewerking, hulp en begrip wat julle verleen het onder leiding van mnr. Robert Nandaa Kahimise, ons voormalige uitvoerende hoof, erken.

“Ons het goed saamgewerk om doeltreffende en konsekwente dienste aan die inwoners en besoekers Windhoek te verskaf.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!