Laat die kindertjies na my toe kom
Charmy skryf:
Liewe Jesus het gesê Hy kan elke haar op jou kop tel, elke aar in jou lyf. Ek is besig om te groei. Ek is besig om 'n groot seun te word. Dis warm hier binne.
Ek hoor ook hoe spog mamma oor hoe gesond ek is en dat sy nie kan wag om my te ontmoet nie. Dit moet seker 'n goeie plek buite wees. Die wêreld.
Almal klink opgewonde en ek voel so goed.
Mamma was so trots toe sy my vir die eerste keer gesien het, ek kan haar liefde voel . . . Ek kan voel ek word waardeer.
Die wêreld buite is warm, sy maak my mooi toe. Ek is warm. Ek word gevoed en drooggemaak. Ek is gelukkig.
Liewe Jesus het my na 'n goeie plek gestuur. Ek is so bly om so 'n mamma te hê.
Skielik sit mamma my in 'n sak.
Ek verstaan nie, want dis nie lekker nie. Ek is besig om koud te kry. Ek is besig om te huil. Iets is nie lekker nie.
Mamma, ek wil terug gaan na my warm plekkie toe. Iets is fout.
Mamma, waarheen vat jy my? Waarin gooi jy my?
Dit ruik nie lekker hier binne nie, dis koud en ek is honger.
Mamma, kom haal my asseblief. Mamma, ek belowe ek sal nie weer huil nie.
Kom haal my asseblief, Mamma. Ek kan nie uitkom nie, die plek is donker en vuil, ek probeer myself help, maar my armpies en beentjies is nog te klein om enigiets te doen.
Mamma, ek belowe ek sal 'n beter baba raak, ek sal nooit weer huil nie.
Mamma, hoor jy my! Iemand, hoor julle my!
Dit raak baie koud.
Dit raak stil.
Dit raak dood.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie