Laat die water vrylik vloei
ROOI OLIFANT SKRYF:
Met die afgelope paar jare se reënseisoene let ek op dat die Swapo-amptenary telkens 'n waterkrisis afkondig (of te wel afdwing), asof net hulle nie die welkome goeie reëns ervaar nie.
Dit raak nou 'n (vervelige) patroon wat elke keer net 'n bietjie anders daar uitsien. Ek het hierdie snaakse tendens al in 'n vorige skrywe uitgelig, maar die arme dwepers se denke behoort mos hoeka nie meer aan hulle nie.
Hier is die probleem van die huidige kamma-waterskaarste op Keetmanshoop:
PROBLEEM 1
NamWater kondig op Woensdag 6 Januarie 2021 in die media aan dat reënneerslae 'n modderprobleem by die reservoir skep wat vir Keetmanshoop van water voorsien. Die damvlak is kamma laag en sal nog laer wees nadat die wateraanleg by dié reservoir skoongemaak is.
Die gevolg is dat watervoorsiening gaan beperk en selfs afgesny word, wat op Donderdag 7 Januarie 2021 begin het. Inwoners moet kwansuis houers vir drie dae vol maak.
Almal weet hierdie onbenoemde reservoir is die Nautedam?
Kort voor hierdie snaakse aankondiging, in dieselfde uur, stel NBC-nuus (wat deur Swapo gesensureer word) dat die Nautedam oor die 100% vol is en dat sy sluise derhalwe oopgemaak is om druk te verlig.
Selfs die nuwe Neckartaldam is (in daardie stadium) 'n derde vol.
Die vraag is dus: Waar pas hierdie skielike waterkrisis in die lig van twee damme en goeie neerslae?
PROBLEEM 2
Dit is duidelik dat Swapo die sogenaamde waterkrisis gebruik om weerwraak te neem ná hul onlangse (November 2020) soetskandelike nederlaag in die Suide waartydens die LPM mag in dorpe en plaasdorpe bekom het. Mettertyd sal dit kamma blyk asof LPM die probleem agter die Swapo-geskepte waterprobleem is, want húlle (LPM) bestuur mos nou die dorpsrade wie se munisipaliteite water direk voorsien soos aan hulle deur NamWater verskaf word.
Sulke tipe venyn deur Swapo was te wagte. Die Suide moet hulle vir groter knyp staal.
PROBLEEM 3
Dis Covid-tye hierdie. Ons is midde die tweede (gevaarliker) golf met 'n derde een wat tegelykertyd met die nuwe dodeliker variant op pad is soos kundiges laat weet. Water is dus die laaste ding wat nou kan afgesny word.
Die afsny of beperking daarvan sal uitloop op lewensverlies en getuig van 'n gebrek aan respek vir lewe en die mense van die Suide.
Waterhouers druis teen protokol in in terme van lopende, veilige water wat met sanitasie, die universele Covid-19-pandemie, malaria, cholera en Hepatitis-E te make het. Etse, wil hulle ons hoeka dood hê of ook vir ons nes Groot-Aub se arme inwoners laat ly wat gebukkend gaan onder CoW (wat deur Swapo bestuur was) se duiwelse verdrukking met weerhouding van water wat 'n noodsaaklikheid is?
NamWater is 'n staatsonderneming en doen net wat die Kabinet goedkeur. Die Swapo-kabinet, waarvan die president en gesondheidsminister deel is en NamWater self respekteer dus nie die WGO, CDC, presidensiële en MoHSS-besluite, riglyne en beleid in die belang van openbare gesondheid nie. Hulle bewys ons eerder dat hulle niks van die Namibiese Grondwet en landswette dink nie.
LPM en sy munisipaliteite kan en mag dus ook nie aanspreeklik gehou word vir onsmaaklike nagevolge wat uit NamWater se besluite mag spruit nie.
PROBLEEM 4
Swapo sal later beslis hierdie selfopgelegte pseudo-probleem gebruik om finansieel munt daaruit te slaan, behalwe om die Suide te straf vir ontrouheid, maar die bordjies is klaar verhang.
Swapo leer maar weinig uit sy foute ondanks (goddelike) waarskuwings.
Ons waarsku julle weereens ten sterkste: God self sal intree en julle weer verder slaan, knak en verslaan soos vir Farao van ouds, want julle steek ons oë uit en steek ons in die rug en vat ons hoop en kanse op lewe weg. Minag ons weer en ons sál julle weer by die stembus en deur weerhouding van enige ander vorm van ons ondersteuning wys dat ons wel die mag het en vir onsself kan dink.
Ons is nie jul marionette nie. Ons word nie bedrieg nie en hou jul bewegings fyn dop, want ons is bobaasspoorsnyers in elke sin van die woord. Ons is eenparig slaggereed met 'n duidelike plan van aksie.
Laat die water vrylik en mildelik vloei, sodat daar lewe kan wees en laat God se skape wei.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie