Laat jou liggie bly skyn
Leandrea Louw
'n Rukkie terug het ek en my voormalige skoolhoof van De Duine, Meneer Van Wyk so bietjie gesels. Hy't my eintlik meer moed ingepraat as enigiets anders; soos Meneer maar altyd doen.
Ons het vir meer as 'n uur gesels, en hy het my vertel hy het die skooljaar met die onderwysers begin met die tema “Carry your light”.
'n Brokkie kennis wat ek uit die gesprek geput het, is dat ons mense moet wees wat ander se liggies aan die brand steek. En wanneer ons liggies begin flikker, moet ons net bietjie terugsit en onsself omring met mense wat weer ons liggies aansteek.
Hy sê ook sodra ons ons liggies blootstel aan die elemente daar buite, dan blus ons liggies baie gou.
Dan is daar ook mense wat natuurlike “blussers van liggies” is.
Dit laat my dink aan die Bybelvers in Spreuke, wat sê “bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorsprong van die lewe”.
Die rede hoekom ek van ons liggies praat, is omdat ons ons tans in 'n donker tyd bevind. Families staan geliefdes aan die dood af, mense hou aan om fopnuus te versprei – dinge lyk sommer net na “doom” en “gloom”.
Ten spyte daarvan dat alles donker en negatief lyk, moet ons verseker ons liggies gaan nie dood nie.
Daar is 'n kerkkoortjie wat sê: “Al sê die mense wat, hou jou lamp aan die brand.”
Nou, liewer leser, wonder jy dalk hoe hou 'n mens jou liggie aan die brand, met alles wat rondom ons gebeur?
Soos ek en Meneer van Wyk gesels, vertel hy my ook van 'n boek wat praat oor die “power of engagement” en hy sê toe ook vir my die “power of engagement is to disengage”.
My brein knoop toe onmiddellik, maar Meneer verduidelik.
Wat daarmee bedoel word, is dat ons word soms so besig in ons alledaagse lewe; daar is altyd 'n storie om te skryf, die hond moet by die veearts uitkom, die brood en melk is op – daar is net altyd iets. Maar dis belangrik om te “disengage”, deur 'n tydskrif te lees, te verf, te dans, te gaan stap, om jou stokperdjie te beoefen.
Anders gaan ons liggies dood.
En om alles te kroon deel Meneer hierdie wysheid met my op my verjaardag, en ek dink toe, sjoe, dit is mos nou 'n geskenk!
“So aside from the hustle and bustle” van elke dag wat die pandemie meegebring het, moet jy “working from home”, “home-schooling” en alles hanteer en dit raak moeilik.
Maar onthou, ons is die lig en sout van hierdie wêreld, so moenie laat alledaagse uitdagings of “nitty gritties” jou liggie blus nie.
Laat jou liggie skyn!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie