‘Laat my klaar praat, ek is ’n vrou,’ hoor ‘wit’ gehoor
Deur Dawie Boonzaaier – Die Instituut vir Rasseverhoudinge (IRV) is van “wit heerssugtigheid” beskuldig by ’n geleentheid in Londen waar die instituut bewusmaking van grondonteiening sonder vergoeding gedoen het.
Die geleentheid op 25 Junie is deur die IRV gereël.
David Ansara, hoofnavorser by die IRV, het saam met adv. Mark Oppenheimer gepraat.
Oppenheimer het veral gefokus op hoe skadelik grondonteiening sonder vergoeding ekonomies kan wees.
Kelly-Jo Bluen, ’n Suid-Afrikaanse PhD-student by die London School of Economics en voorheen rubriekskrywer vir Business Day, Mail & Guardian en Eyewitness News, het in vraetyd ’n toespraak afgesteek oor hoe die IRV in Suid-Afrika as ’n “wit heerssugtige haatgroep” beskou word.
“Elke keer wat ek met julle (IRV) navorsing te doen kry word ek getref deur die manier hoe dit . . . ’n politieke agenda het wat vermom is as navorsing,” het Bluen gesê. Sy het gesê die IRV raak nie betrokke by navorsing oor grondhervorming wat nie sy agenda pas nie.
“Al die bewyse, in die konteks gesien van massiewe ongelykheid en verdeeldheid op ’n rassegrondslag, wys daarop dat Suid-Afrika strukturele transformasie van die ekonomie benodig,” het Bluen gesê. “Tensy jy ’n breë fondament van rykdom vir die meerderheid bou deur die herverdeling van grond, is daar nie ’n lewensvatbare toekoms vir Suid-Afrika nie.” Sy het aangevoer die IRV “knoei met data” om sy agenda te pas.
Die gespreksleier, Martin Plaut, het haar toe onderbreek.
“Vroue moet toegelaat word om hul punte klaar te maak,” het sy teruggekap.
Die IRV wil dit “kwaadwillig” laat blyk dat wit mense “bedreig” word sodat hulle “wêreldwye wit heerskappy kan bevorder”.
Ansara het verwys na die IRV se verslag getiteld “Hope”.
“In hierdie verslag vra ons mense wat is die grootste kwessies waarop die regering moet fokus, en deurgaans, oor en oor, antwoord hulle dat nommer een die ekonomie en werkskepping is. Opvoeding en gesondheid volg, en redelik ver onderaan die lys noem 1% of 2% van respondente grondhervorming of rasgegronde politieke kwessies.”
Ansara glo die IRV loop deur omdat hy rasgegronde beleid opponeer. “Rasgegronde beleide oorheers ons hele politieke diskoers, en deel van ons rol is om dit teen te staan.”
Bluen het uit Londen gesê: “Ek is redelik ongemaklik met die manier waarop hierdie situasie op my, ’n wit vrou, fokus, eerder as op rassisme, wat ek sien as ’n verdere voortsetting van wit heerskappy.” – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie