Laat ons ons gesonde verstand gebruik
Laat ons ons gesonde verstand gebruik

Laat ons ons gesonde verstand gebruik

[email protected]
Adolf Kaure
Adolf Kaure

Dit lyk asof daar 'n gevoel van vryheid en verligting onder Namibiërs is nadat die staatshoof, dr. Hage Geingob, die noodtoestand opgehef het.

Nadat die Covid-19-regulasies ook verslap is en die president onlangs aangekondig het 200 mense mag per geleentheid by openbare byeenkoms toegelaat word, het Namibiërs die nuus met blydskap ontvang.

Dit is goed om te sien die toerisme- en gasvryheidsbedryf vind stadig maar seker weer hul voete. Wat sport betref, is kontaksportkodes hervat en dit is inderdaad goeie nuus dat die nuwe seisoen van die Namibiese Premier-sokkerliga in Januarie 2021 begin.

Wat vermaak betref, hou sommige steeds aanlyn konserte sowel as Zoom-konferensies, maar die meerderheid is verlig hulle kan nou partytjies hou en hul musiekkonserte, modevertonings en ander geleenthede aanbied wat vir hulle 'n inkomste genereer.

Desember is om die draai en hoewel dit miskien nie so stampvol soos gewoonlik gaan wees nie, bly Swakopmund die middelpunt wat plaaslike en internasionale toeriste lok.

Volgens die statistieke van Covid-19 is daar 'n afname in die aantal infeksies in die land, veral in die Erongostreek, wat die eerste episentrum van die virus was.

Toe ek die statistieke bestudeer, besef ek egter die aantal monsters wat daagliks deur die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste ontvang word, het drasties afgeneem. Dit laat my dink dat daar nie meer massatoetsing gedoen word nie, in vergelyking met ander lande soos Suid-Afrika, die Verenigde State van Amerika en Engeland waar Covid-19 positiewe gevalle weer toeneem.

Ek is miskien nie 'n kenner van gesondheid nie, maar as 'n leerder in geskiedenis – wat berigte van die Spaanse griep gelees het wat in die vroeë vorige eeu voorgekom het – was dit toe die regulasies verslap is toe 'n tweede golf gekom het en die aantal sterftes het verdubbel in vergelyking met die vorige jare.

Ek wil nie 'n onheilsprofeet of 'n pessimis wees nie, maar ons moet regtig versigtig wees in hierdie gevaarlike tye waarin ons leef.

Met meer mense wat by vergaderings en geleenthede toegelaat word, en die verslapping van regulasies op ander gebiede, kan dit ’n gevaar en bedreiging vir mense inhou wat nie die huidige regulasies nakom nie en roekeloos met hul (en ander) se gesondheid is.

Ek wil almal versoek om asseblief aan te hou om gesonde verstand te gebruik deur sosiale afstand te handhaaf. Om hul hande met warm water te was nadat hulle oppervlaktes aangeraak het en te vermy om aan hul gesigte te vat. Hou aan om gesigmaskers te dra en gereeld jou hande te ontsmet. As jy Covid-19-simptome het of as jy met ’n persoon wat met die virus gediagnoseer is in kontak was, moet jy jouself so gou as moontlik laat toets. Dit is ook van kardinale belang as jou toetsuitslae positief is, dat jy geïsoleer word en vroegtydig die nodige behandeling ontvang. Laat ons aanhou om ons gesonde verstand te gebruik om hierdie virus saam en suksesvol te beveg.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!