Laat veranderings aan Boland-span

Rugby
Andrew Poolman
Francois de Wet


Nóg meer druk is nou op die Boland-Kavaliers gelaai om hul eerste tuiswedstryd in die Curriebeker-reeks te probeer wen.
Brent Janse van Rensburg, die Kavaliers-afrigter, moes gister vyf noodgedwonge veranderings aan sy beginspan maak vir vandag se rugbywedstryd teen die Pumas in die Boland-stadion in Wellington.
Luidens ’n verklaring moes die vaskopstut Basil Short en agtsteman Zandré Jordaan hulle aan die beginspan onttrek. Hulle is glo nie fiks genoeg om teen die Pumas te speel nie.
Jacques Engelbrecht, wat die wedstryd as steelkantflank sou begin, neem Jordaan se plek op agtsteman oor.
Shaun McDonald sal die nr. 7-trui dra en sy aanvanklike posisie as slot word nou deur Hanno Kitshoff gevul.
Enoch Mnyaka sak op vaskop in Short se afwesigheid, terwyl Janse van Rensburg besluit het om die loskopstut SP Wessels na die reserwebank te skuif en Linda Thwala in sy beginspan te kies.
Die Bolanders is met die rug teen die muur ná loesings teen die Haaie en die Goue Leeus waarin hulle gesamentlik 101 punte afgestaan het en net 32 kon aanteken.
Hulle pak ’n Pumas-span wat nog nie ’n wedstryd kon wen nie, maar Janse van Rensburg weet dit is een span wie se vermoëns nie onderskat kan word nie.
“Hulle het verskeie gehalte-spelers soos Francois Brummer (losskakel) en Renaldo Botma (agtsteman) in hul groep. Dit is ’n span wat al vir etlike seisoen saam speel en hulle (spelers) sal teen ons wil wys dat hulle beter is as die onlangse uitslae wat hulle opgelewer het.”
Die Kavaliers spog met een sege – oor die Oostelike Provinsie-Kings in Port Elizabeth – maar kon sedertdien nie lekker aan die gang kom nie.
Boland-Kavaliers: Adriaan Carelse, Gerrit van Wyk, Christopher Bosch, Ryan Nell (k), Danwel Demas, Theuns Kotzé, Marnus Hugo, Jacques Engelbrecht, Shuan McDonald, Shaun Adendorff, Joubert Horn, Hanno Kitshoff, Enoch Mnyaka, Clemen Lewis, Linda Thwala. Reserwes: Francois Esterhuizen, SP Wessels, Ockie van Zyl, Wayne Wilschut, Kenan Cronjé, Gerhard Jordaan, Robbie Louw.
Pumas: Devon Williams, Bernado Botha, Tyler Fisher, Leighton van Wyk, JP Lewis, Francois Brummer, Emile Temperman, Renaldo Bothma (k), Nardus van der Walt, Marnus Schoeman, Hugo Kloppers, Jannie Stander, Marné Coetzee, Frankie Herne, Dee-Jay Terblanche. Reserwes: Simon Westraadt, Kwezi Mona, Wiehan Hay, Lambert Groenewald, Kevin Luiters, Marlou van Niekerk, Ruwellyn Isbel. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!