Laboratorium dagvaar dokter vir naamskending
Henriette Lamprecht
’n Dokter verbonde aan die staatshospitaal op Oshakati word gedagvaar nadat hy glo lasterlike opmerkings in die sosiale media oor ’n laboratorium op Ongwediva gemaak het.
Alpha Medical Laboratory cc op Ongwediva beskuldig dr. Adriaan Voigt in hofstukke daarvan dat hy uitlatings in die sosiale media gemaak het oor die laboratorium se toetsvermoë vir Covid-19. Voigt is as dokter in diens van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste by die Oshakati-staatshospitaal.
Volgens hofstukke het Voigt op 16 Augustus verlede jaar op ’n WhatsApp-groep vir dokters verskeie beweringe teenoor die laboratorium gemaak. Dit sluit in dat Alpha Medical Laboratory cc vals Covid-19-positiewe toetsuitslae versin en uitreik en dat dokters eerder van die dienste van ander laboratoriums gebruik moet maak.
Volgens Alpha Medical is die beweringe lasterlik en is dit gemaak met die doel om die laboratorium se reputasie skade te berokken.
“Die verklarings deur die verweerder het ten doel om te insinueer die aanklaer is oneerlik,” lui die hofstukke.
Alpha Medical sê dit skep die indruk die laboratorium doen nie “voldoende wetenskaplike ondersoek” nie, het nie die nodige vereiste wetenskaplike kapasiteit om dit te doen nie, dat die laboratorium verantwoordelik is vir die toename in statistieke van Covid-19-positiewe gevalle in die land en dat dit vals mediese uitslae aan pasiënte en die regering verskaf.
“Buiten die lasterlike betekenis van die verklarings, dra dit die bykomende betekenis dat die eiser sonder morele waardes is en deur mediese praktisyns en die publiek vermy moet word,” lui Alpha Medical se verklaring.
As gevolg van Voigt se uitlatings sê Alpha Medical is hul reputasie geskaad en het die laboratorium skade van N$250 000 gely. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie