Lady Pohamba Private Hospitaal skop met immunisering in Windhoek af

Henriette Lamprecht
Die Lady Pohamba Private Hospitaal in Windhoek het as deel van die immuniseringspunte vir Covid-19 in Khomas en die hoofstad met immuniserings begin. Dié hospitaal, net soos in die geval van Rhino Park Private Hospitaal, doseer slegs die AstraZeneca/Covishield-entstof wat deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) goedgekeur is.



Persone wat afgeraai word om die entstof te ontvang, sluit dié met Covid-19-simptome, jonger as 18 jaar, 'n geskiedenis van allergiese reaksies, 'n toestand wat die immuunstelsel onderdruk waaronder MIV/vigs en persone wat chemoterapie ontvang, onbeheerde epilepsie of ander neurologiese toestande en of onbeheerde chroniese toestande soos diabetes, asma of hoë bloeddruk in.

Besprekings vir die immuniserings kan gedoen word by 083 336 5680 of stuur 'n e-pos aan [email protected]. Tot 14 persone op 'n slag kan ingeënt word by die perseel wat in die parkeerterrein tussen Virgin Active en die hospitaal en die ingang na die Grove-inkoopsentrum geleë is. 'n Spesiale banier en rigtingaanwysers dui die perseel aan. Die immuniserings is gratis.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!