Lae damvlak toets hengelvernuf
Oewerhengel
Met die Hardapdam se lae watervlakke 'n uitdaging vir die varswaterhengelaars, was die onlangse derde ligabyeenkoms van die jaar steeds 'n suksesvolle hengelnaweek vir almal.
'n Sone waar menige hengelaar hom lekker kan misgis, is die een wat met goeie rede “Mombakkies” genoem word. Veral die eerste dag was 'n hengse uitdaging vir die hengelaars met die lae watervlakke.
By die Bakvis-area het die hengelaars egter mooi kurpers gevang.
Op die Saterdag se hengel het die volgende hengelaars eerste plekke behaal in die verskillende sones waar hulle gehengel het:
Gerhard van Niekerk 81.08 punte, Paul Steyn 65.94, Betsie Bergh 66.08.
Op die Sondag het Gerhard van Niekerk (69.04), Dawid Oberholzer (83.84) en Leon Diedericks (77.22) eerste plekke in die verskillende sones behaal.
In die eerste deel van die 2018-liga is die individuele hengelaars tans soos volg op die ranglys geplaas:
Senior mans: 1 Gerhard van Niekerk, 2 Wentzel Barnard, 3 Dawid Oberholzer, 4 Paul Steyn, 5 Panna van Staden.
Vroue: 1 Amanda Botma, 2 Anina Barnard, 3 Anri Verwey, 4 Carol Stinton, 5 Betsie Bergh.
Juniors: 1 Rikus van Staden, 2 Hermanus Scholtz, 3 Marsen von Lieres, 4 Janco Rall, 5 Adrian Steenkamp.
Penkoppe: 1 Jorick Muir, 2 Sven von Lieres.
Veterane: 1 Paul Steyn, 2 Boeta van Niekerk, 3 George Oelofse, 4 Pieter Scholtz, 5 Loandro Steenkamp.
Vir die twee dae het die hengelaars stewige syfers opgestel. Op die Saterdag is 1 271 vis gevang met 'n totale gewig van 1 700.88 kg en op die Sondag 1 406 vis met 'n totale gewig van 1 574.16 kg.
Die totale vangste vir die naweek was 2 677 vis met 'n totale gewig van 3 275.04 kg.
Die goue reël van hengel is toegepas om weer die vis ná die kompetisie vry te laat.
• Die volgende uitdaging is die Prestigebyeenkoms wat vanaf 24 tot en met 26 Mei by die Nautedam sal plaasvind.
Die Prestige is een van die hoogtepunte in die hengeljaar, waar die ses bestes van elke klub hul hengelvernuf gaan wys en mekaar in die wintertoestande aanvat.
• Enigiemand wat belangstel om by oewerhengel betrokke te raak, kan gerus die volgende kapteine van elke klub kontak (almal van Windhoek tensy anders vermeld):
Benguella: Ronnie Meyer 081 259 3971.
Eagles: Morné Prenn 081 278 5448.
Hook It: Leon Diedericks 081 127 1373.
Lynvin (Keetmanshoop): Niel Brink 081 128 0017.
Richtersveld (Rosh Pinah): Andries Blaauw 081 122 4626.
Steenbras: Carol Stinton 081 143 4191.
Xtreme: Giovani Schoeman 081 240 4870.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie