Lae olieprys is die nuwe 'normaal'
Die olieprys het in 2014 met die meeste sedert 2008 se wêreldwye finansiële krisis gedaal.
Die daling in die prys van olie word toegeskryf aan ’n wêreldwye ooraanbod van olie omdat nóg Amerikaanse produsente, nóg die Organisasie vir Petroleumuitvoerlande (Opul) hul produksie wil verlaag te midde van ’n stryd om markaandeel.
West Texas Intermediate (WTI), die ruolie wat in die VSA gebruik word, het met 46% geval.
Die prys van Brent-ruolie, wat Suid-Afrika en groot dele van die res van die wêreld gebruik, het in 2014 met 48% geval; die daling sedert die jaar se hoogtepunt in Junie is meer as 50%.
Brent het op Oujaarsdag in Londen tot $57,33 per vat geval.
Die verskil tussen Brent en WTI het die jaar op $4,06 geëindig, vergeleke met $12,38 einde 2013.
Goldman Sachs verwag dat “baie laer” oliepryse die “nuwe normaal” is en Barclays voorspel selfs verdere dalings.
Die tuimeling van oliepryse het Rusland se roebel en Nigerië se naira dramaties geknou. Die staatsbegroting van olieproduserende lande soos Venezuela en Ecuador is onder geweldige druk.
China, aan die ander kant, het die laer pryse benut om sy voorraad ruolie op te bou. Indië en Indonesië kon brandstofsubsidies verlaag danksy die laer pryse.
Die Outomobiel-assosiasie in die VSA sê Amerikaanse bestuurders gaan in 2015 nagenoeg $75 miljard by die petrolpomp bespaar nadat hulle in 2014 sowat $14 miljard bespaar het.
Produsente soos ConocoPhillips en Continental Resources het egter aangekondig dat hulle besteding in 2015 gaan besnoei omdat hul winsgrens onder druk is.
“Die kenmerk van die jaar is beslis die toename in produksie in Noord-Amerika,” sê Michael Hiley van LPS Partners in New York. “Dit het uiteindelik die punt bereik waar produksie baie meer is as die vraag.
“Dit het ’n baie negatiewe uitwerking op die Russiese ekonomie en Iran en Venezuela, maar dis ooglopend op lang termyn goed vir die wêreldekonomie.”
Die VSA se voorraad olie het in die week tot 26 Desember effens gedaal tot 385,5 miljoen vate, volgens die energie-inligtingsadministrasie. Ruolieprodusente in die VSA produseer tans 9,12 miljoen vate per dag. Raffinaderye produseer tans 10,2 miljoen vate petrol per dag, ’n algehele rekord.
In Desember het die 12 lidlande van Opul, wat sowat 40% van die wêreld se olie produseer, 30,24 miljoen vate per dag uitgepomp. Dis die sewende maand agtereenvolgens dat die teiken van 30 miljoen vate per dag oorskry word.
Dan Heckman van US Bank Wealth Management sê hy reken dat die olieprys die volgende twee maande nog onder druk sal bly.
Pres. Barack Obama se regering het op 30 Desember riglyne gepubliseer wat die weg baan vir die uitvoer van kondensaat, ’n ligter vorm van geraffineerde ruolie. Dit beëindig nie die verbod op die uitvoer van die meeste ruolie wat die kongres al in 1975 aanvaar het in reaksie op die Arabiese olie-embargo nie. - Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie