Laerskoolspannetjie deur die bank uitgerus
Laerskoolspannetjie deur die bank uitgerus

Laerskoolspannetjie deur die bank uitgerus

Sokker
Die Primêre Skool Wilhelm Nortier het die afgelope jare sake in die onder 11- en o.13-sokkerligas in Grootfontein oorheers en het gevolglik goeie getalle opgelewer wanneer die sone- of streekspanne vir o.13's gekies is.

“Ons was ook deurlopend gelukkig dat jaarliks een of twee van ons spelers in die NSSU se nasionale span gekies is,” sê mnr. Christoph Murangi, die afrigter en sportorganiseerder van die skool.

Ondanks die toewyding van spelers en afrigters is egter in die afgelope twee jaar 'n afname in die getalle sokkerspelers gesien.

“Ons het besef dat ons spelers nie die tegniese vaardighede en taktiese dissipline gehad het om in ons jong onder 11-sokkerspan suksesvol te wees nie.

“Ons plaaslike ligas vir laerskole maak net voorsiening vir o.11 en jonger as 13 jaar. Op 'n vergadering het ons besluit om met ons spelers so jonk as sewe jaar te begin oefen, met die hoop om hulle te help om die nodige vaardighede aan te leer teen die tyd dat hulle tien jaar bereik,” sê Murangi.

Die skool het onlangs sokker bygevoeg by sy Sportdag-program, wat tevore net 'n dag vir netbal en rugby was.

“Ons het die primêre skole Luiperdheuwel (Grootfontein) en Donatus (Otjiwarongo) genooi om aan ons mini-sokkerfees deel te neem, wat deur die onder 7- en o.9-seuns gespeel is.

“Ek kan getuig dat die dag 'n groot sukses was en ons hoop om dit in die toekoms nog beter te maak.

“Dit alles het my geïnspireer om aan die deur te klop van me. Tanja de Jager, takbestuurder van FNB Grootfontein, want ons seuns het nie sokkeruitrusting om in te speel nie.

“Ons verstaan dat korporatiewe ondernemings soos FNB Namibia verskeie keuses het wanneer hulle oorweeg om borgskappe en geleent­hede vir gemeenskapsprojekte goed te keur en ek is baie dankbaar dat hulle ingestem het om ons o.9 sokker­seuns met uitrusting te borg.

“Ondanks die moeilike ekonomiese tye in Namibië, is ons gelukkig in ons dorpie Grootfontein om ondernemings soos FNB Namibia en dr. David Nkwanga Mondo, 'n algemene praktisyn, te hê wat altyd bereid is om terug te ploeg in die gemeenskap en 'n proaktiewe rol in jeugsportontwikkeling te neem.

“Ons waardeer hul goeie gebaar en doen 'n beroep op sakelui en ondernemings in Grootfontein om die voorbeeld te volg, aan boord te kom en te help waar hulle kan en hulself daartoe te verbind om 'n positiewe impak op jeugontwikkeling te hê.”

Mnr. Greg Pollmann, mede-afrigter en onderwyser, sê: “Namens almal by die Laerskool Wilhelm Nortier wil ek my hartlike dank uitspreek vir die ruim borgskap van FNB. Ons sal tyd en hulpbronne in ons jong talent belê, want dit is ons plaaslike sokkersterre. ”

Stuward Schuster, die onder 9 spankaptein, sê: “Ons is baie bly dat ons nuwe sokkertruie van FNB ontvang het. Ons sal altyd ons bes doen en sal ons skool of borg nooit in die steek laat nie.”

Kommentaar

Republikein 2024-09-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest LaLiga: Real Madrid 3 vs 2 Deportivo Alaves | Valencia 0 vs 0 Osasuna | Sevilla 2 vs 1 Real Valladolid | Real Betis 1 vs 2 Mallorca | Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés SerieA: Atalanta 2 vs 3 Como | Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers #N/A Currency: GBP to NAD 22.96 | EUR to NAD 19.21 | CNY to NAD 2.45 | USD to NAD 17.25 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.87 | USD to AOA 933.05 | USD to BWP 13.12 | USD to EGP 48.5 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1596.98 | USD to ZAR 17.25 | USD to ZMW 26.37 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1845.32 Up +0.73% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14193.3 Down -0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30871.1 Down -0.49% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 654.83/OZ DOWN -0.0013 | Copper US$ 4.46/lb DOWN -0.0091 | Zinc US$ 3 005.00/T DOWN -0.38% | Brent Crude Oil US$ 73.89/BBP DOWN -0.0177 | Platinum US$ 989.62/OZ UP +0.13% #N/A