Laf tussen die lelies

Tanja Bause
Tanja Bause

Namibiërs van oraloor die land het verlede naweek en vroeg vandeesweek die lelies op die plaas Sandhof by Maltahöhe besoek.

Onder hulle was die Van Zyl- en Swart-egpaar van Gobabis wat al jare lank huisvriende is.

Sonja (52) en Koekoes (55) van Zyl het Sondagmiddag oor ’n koppie koffie met Karin (49) en Niekie (53) Swart gesels en daar en dan besluit om Maandag om 06:00 te vertrek om die leliewonder te gaan aanskou.

Hul dogter, Anhia Swart, en twee van haar vriendinne Surene van Tonder en Nina Roux van Suid-Afrika het ook saamgereis. Hulle is almal ongeveer 24 jaar oud.

Volgens Sonja en Koekoes se dogter Loritzma van Zyl, het haar pa die oggend voor hulle vertrek het vir die jong span vertel hoe bevoorreg hulle is om dit op só ’n jong ouderdom te kan beleef. Hy is moes eers ouer as 50 wees om dit te kan beleef.

“Hulle het vertel hoe hulle ongelukkig nie ’n foto geneem het toe my pa op sy maag in die water ingeduik het nie. Dit was ’n baie spesiale ‘lag tot die trane loop’-oomblik. My pa is normaalweg nie skaam om voluit te leef nie en hy verskaf altyd glimlagte en vreugde, maar hierdie was ’n uiters besonderse en kosbare oomblik en dag.”

Almal was Maandag omstreeks 19:00 ná ’n vinnige uitstappie van 950 kilometer weer by die huis.

Die Coetzee- en Loots-egpaar van Windhoek het ook Maandag afgery en ná ’n nag in Maltahöhe teruggekeer.

“Ons is vriende en het verlede jaar saam na die lelies gaan kyk. Ons het toe besluit wanneer dit weer blom sal ons weer gaan kyk. Ons hoef gelukkig nie oor ’n naweek te gaan nie; dus het ons die week gekies,” het Wiets Coetzee gesê.

Volgens hom is hulle ou kampeerders en weet hulle hoe om dit vir hulself lekker te maak.

“Ons Namibiërs is mos nie skaam om vir elke rivier wat loop of poel water wat lê te ry nie en ons voete nat te maak nie. As daar water is moet ons in, ons kan nie net kyk nie. Terwyl ons in die water is, kan ons net sowel ’n lekker koue verversing geniet.” – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!