Lafenis op baie plekke in die land
Heelwat buie het die naweek in Namibië uitgesak en volgens ''n verslag wat gister deur meteorologiese dienste uitgereik is, het veral reënmeters in die omgewing van Grootfontein water gekry.
Vrydag is 12 mm by Steenboklaagte naby die dorp aangeteken, terwyl 3,5 mm by Nabuatibub gemeet is. Saterdag het 17 mm op Grootfontein self geval, terwyl nóg 5,5 mm by Steenboklaagte en 5 mm by Nabuatibub uit reënmeters gegooi is.
By die Von Lindequest-hek by die Etosha Nasionale Park is 11 mm Saterdag gemeet, terwyl 4,5 mm op Ondangwa geval het. Ander reënsyfers vir Saterdag was: Opuwo (0,3 mm); Otjiwarongo (0,2 mm); Okongo (3,5 mm); Khorixas (1,5 mm); Oshikango (0,2 mm); Tsumeb (1,7 mm); Rundu-lughawe (0,4 mm); Okahao (0,2 mm); Outapi (0,3 mm) en Hosea Kutako Internasionale Lughawe (0,2 mm).
Vrydag is 14,3 mm op Eenhana gemeet, terwyl 7,8 mm op Omaruru aangeteken is. In die reënmeter van die weerkantoor in Windhoek is 7,2 mm gemeet, terwyl 1,6 mm op Hosea Kutako Internasionale Lughawe geval het. Ander syfers vir Vrydag is: Otjiwarongo (2 mm); Khorixas (0,1 mm); Oshikango (3,2 mm); Okakuejo (0,9 mm); Tsumeb (1,4 mm); Rundu (1,5 mm); Rundu-lughawe (0,4 mm); Outjo (3,4 mm); Okahao (1,2 mm); Omuthiya (4 mm); Gobabis (2,8 mm) en Rehoboth (0,8 mm).
Vir vandag word enkele buie in die //Kharasstreek voorspel. In die sentraal-noordelike gedeeltes word verspreide donderbuie verwag, terwyl geïsoleerde donderbuie in die res van die land kan voorkom.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie