Lag die “Januworries” weg

Lloyd Zandberg
’n Hoogtepunt op verlede jaar se sosiale kalender was die afsluiting van die Nam Comedy Circle by die Hilton Kalabar.

Die Hilton-Kalabar was stampvol getroue Nam Comedy Circle-liefhebbers.

Die organiseerders hoop ten spyte van die “Januworries” wat almal teister, dié entoesiasme in 2020 voortgesit sal word.

Dit ís immers die laaste jaar in die tweede dekade van die derde eeufees (na Christus).

Die Nam Comedy Circle word weer vanaf 29 Januarie by die Hilton Hotel aangebied.

Mark Kariahuua is die aanbieder en is met mening terug na ’n paar salige weke op die platteland.

’n Nuwe gesig by die Kalabar, alhoewel sy allermins onbekend is vir gesoute komedie-aanhangers, is Hildegard, die “Mbwiti”.

Hildegard is op Otjiwarongo gebore, maar het in Kuba, Windhoek en Washington grootgeword. Oshiwambo is haar moedertaal, maar sy erken sy kan dit nie eintlik praat nie. Sy noem haarself ’n “Mbwiti”, ’n skande vir haar erfenis.

Dié kunstenaar, kurator en fotojoernalis het haar debuut by die Free Your Mind Ladies-vertoning in 2015 gemaak. Sy kry inspirasie uit haar eie onuitputbare repertoire van vorige misstappe en flaters.

Marvtown is ’n nuwe gesig op die dorp wat ou streke uithaal. Marvtown is ’n nuwe karakter wat deur niemand anders as Clerance Mervin Claasen geskep en aangeneem is nie. Clerance beskryf Marvtown as “’n man na aan sy hart.”

’n Geen fieterjasies, reguit-tot-die-punt-tipe mens. Hy word met opgewondenheid en nuuskierigheid by die Kalabar verwelkom.

Laastens is Funny Lips se alter ego, Lloyd, weer terug. Hy het splinternuwe materiaal met die tema “You have to know where you’re coming from (December Fishrot scandal) to know where you’re going (beyond broke).”

Lloyd beantwoord ook knaende vrae soos: “Hoekom is daar in Januarie minder rondloperhonde in Katutura?”

Die Kalabar gee verskeie pryse weg en nooi die gelukkige wenners om die Hilton Breeze Spa, die D’Vine Wine & Sushi Bar en die Ekipa-restaurant uit te probeer. Die vertoning begin om 20:00 en toegang is gratis. Dié wat goeie sitplekke wil gaps kan gerus vroeër kom gesig wys.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!