Lag jou lam om die Storievuur!

Lloyd Zandberg
Geniet ’n skaterlagaand in die Gondwana-sjebeen by Windhoek se Skougronde en luister na die kostelikste stories van ons land se voorste storievertellers.

Dawie Prinsloo, Vilbard Usiku, Neels Kruger, Hannes du Plessis en Piet Heyns gaan jou lagspiere kielie.

Dawid Prinsloo is op 20 Desember 1971 in Windhoek gebore. Hy het sy skoolloopbaan in 1989 aan die Hoërskool Academia voltooi. Ná skool het hy homself as bourekenkundige bekwaam en in 1998 het hy met Tania getrou. Hulle het drie seuns: Simon, Christiaan en Benjamin.

Dawie het al van jongs af ’n waardering vir die snaakse sy van die lewe. Al kon hy bitter selde sy skoolwerk onthou, het hy darem ’n redelike vermoë gehad om ’n grap of twee in sy grysstof vas te lê.

Dawie voel hy kan homself in geen ander taal so uitdruk soos in Afrikaans nie. Kom maak ’n Storievuur-geselsie met hom mee – dalk vergeet jy van jou moeilike week.

Vilbard Usiku is op 2 November 1955 op Onayena in die Oskikotostreek gebore. Hy het sy skoolloopbaan in 1978 aan die Hoërskool Ongwediva voltooi en het sy naskoolse opleiding aan die Augustinium ontvang, waar hy in 1980 ’n onderwyssertifikaat verwerf het.

Tussen 1988 en 1990 het hy aan die West Sussex Institute of Higher Education in Engeland gestudeer. Hierna is hy terug Namibië toe waar hy ’n B.Ed.-graad aan die Universiteit van Namibië behaal het. Hy het by die Augustinium klas gegee van 1991 af en is in 1995 as hoof van die Beroepsopleidingsentrum in Windhoek (WVTC) aangestel. In 1997 is hy as direkteur van personeel in die ministerie van onderwys aangestel en in 1999 word hy die kommissaris van die Employment Equity Commission, waar hy tans nog werk.

Vilbard en sy vrou, Celene, het drie kinders: Selma, Tsenaye en Pena.

Sy stokperdjies is om te lees, koerante te bestudeer en die snaakse in alles raak te sien.

Neels Kruger is op 16 Desember 1951 op Tsumeb gebore en het op Usakos grotgeword. Hy het in 1969 aan die Hoërskool Otjiwarongo gewmatrikuleer. In 1970 het hy sy militêre diensplig in die Administratiewe Dienskorps gedoen. Hy het sy hoëronderwysdiploma in 1974 aan die Potchefstroomse Onderwyskollege verwerf, waarna hy sy onderwysloopbaan by Hoërskool Mariental begin het.

In 1988 is hy as departementshoof na die Primêre Afrikaansmedium Skool op Swakopmund verplaas en het later die hoof geword. In 2006 het hy uit die staatsdiens bedank en in 2007 ’n onderwyspos by die Windhoek Afrikaanse Privaatskool aanvaar. Verlede jaar het hy ná 44 jaar in die onderwys afgetree.

Neels en sy vrou, Letisia, bedryf tans ’n nasorgskool op Swakopmund.

Hulle het drie kinders: Jaques, Sonja en Corli.

Neels hou van stories vertel en om onnutsig te wees.

Hy tree as seremoniemeester by verskeie geleenthede op en vermaak mense graag met sy kwinkslae.

Piet Heyns het, sedert die Windhoek Woordfees in 2014 begin het, elke jaar se Storievuur-geleentheid georganiseer en as storiemeester opgetree. Vanjaar sal ’n formidabele span grap- en storievertellers die lagspiere weer eens besig hou.

Piet is op 9 Februarie 1947 naby die groot gat in Kimberley, in Suid-Afrika, gebore. Sy ouers het Stellenbosch toe getrek waar hy in 1965 aan die Paul Roos Gimnasium gematrikuleer het.

Piet het sy militêre opleiding by die lugmaggimnasium in Pretoria gedoen en het later siviele ingenieurswese aan die Universitieit Stellenbosch gestudeer.

In 1973 het hy sy loopbaan by die Jonkershoektonnels-staatswaterskema in die Wes-Kaap begin. In 1976 het die department van waterwese hom na Windhoek verplaas, waar hy vandag steeds woon en werk. In 1990 word Piet ’n Namibiese burger en in 2007 het hy as hoof van die departement van waterwese en bosbou afgetree.

Hy en sy vrou, Annalize, het drie kinders: Riza, Pieter en Lucinda.

Piet was nog altyd op soek na die ligter kant van die lewe en het al by “ontelbare” geleenthede as seremoniemeester by troues opgetree.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!