Lagarde positief oor VSA-China-ooreenkoms
Lagarde positief oor VSA-China-ooreenkoms

Lagarde positief oor VSA-China-ooreenkoms

Gesprekke om 'n handelsoor­eenkoms te sluit het nou 'n kritieke punt bereik.
Christine Lagarde, besturende direkteur van die Internasionale Monetêre Fonds (IMF), is positief daaroor dat die VSA en China 'n handelsooreenkoms sal sluit.

“Ek sou sê 'ja',” was Lagarde se kommentaar oor of sy dink 'n ooreenkoms gaan gesluit word of nie.

Sy het Maandag die Milken-instituut se wêreldwye konferensie in Beverly Hills, in die Amerikaanse deelstaat Kalifornië, bygewoon.

Washington en Beijing is die ­afgelope jaar in 'n handelsoorlog gewikkel.

Hulle hef tariewe van ­miljarde dollar op mekaar se goedere en dreig selfs om dié tariewe te verhoog. Die gesprekke om 'n ­handelsooreenkoms te sluit het nou 'n kritieke punt bereik.

Steven Mnuchin, sekretaris van die tesourie, moes 'n voordrag by die konferensie lewer, maar het eerder na China vertrek juis om dié ­ooreenkoms te gaan bespreek.

Lagarde was die eerste spreker by die konferensie wat deur sowat 4 000 sakelui bygewoon word.

Oor die Amerikaanse ekonomie sê Lagarde sy dink nie dit sal binnekort 'n resessie ingaan nie. Dit volg nadat die jongste syfers wat verlede week bekend gestel is, wys die Amerikaanse ekonomie het met 3,2% in die eerste kwartaal van 2019 gegroei. Dit is teenoor 'n jaar tevore.

Lagarde sê dié syfers kan kenners noop om hul ­vooruitsigte te hersien. Heelwat is volgens berigte ­bekommerd dat wêreldwye ­ekonomiese groei dalk in die nabye toekoms kan verlangsaam.

– Netwerk24/Reuters, verwerk

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!