Lameck-egpaar vir miljoene gedagvaar
Lameck-egpaar vir miljoene gedagvaar

Lameck-egpaar vir miljoene gedagvaar

Drie verstekvonnisse is verlede week teen me. Teckla Lameck, 'n voormalige lid van die staatsdienskommissie, en haar man verkry.
Jacqueline Louw
Jacqueline Louw



Me. Teckla Lameck en haar man, mnr. Festus Lameck, mag miskien hul plase en ander bates verloor indien hulle nie hul lenings van etlike miljoene Namibiese dollars aan Bank Windhoek kan terugbetaal nie.

Bank Windhoek het die afgelope Vrydag drie verstekvonnisse in die hoërhof in Windhoek verkry teen die paartjie en 'n beslote korporasie waardeur hulle hul besigheid gedoen het.

Die totale bedrag van die drie verstekvonnisse teen die Lamecks en Naapopje Trading BK beloop N$10,4 miljoen.

'n Vierde aansoek om 'n verstekvonnis van N$9,3 miljoen is Vrydag van die hofrol verwyder omdat die hofdokumente in dié aansoek nie op die paartjie se woonadres beteken was nie.

Volgens hofdokumente beloop die bedrag wat die egpaar en ­Naapopje Trading BK aan Bank Windhoek ­verskuldig is, N$19,7 miljoen.

Dié bank het intussen laat weet hy beoog om die hof te nader om 'n bevel dat die eiendomme waaroor Bank Windhoek verbande hou, verkoop moet word om die geld te verhaal wat aan die bank verskuldig is.

Me. Lameck en haar besigheidsvennote, mnre. Kongo Mokaxwa en Yang Fan, het 'n verdere saak hangende teen hulle in die hoërhof in Windhoek.

Dié drie is van 'n gesamentlike klag van bedrog, alternatiewelik diefstal aangekla en staan ook tereg op klagte dat hulle die bepalings van die ­immigrasiebeheerwet, die wet op die voorkoming van georganiseerde misdaad, die teenkorrupsiewet, die wet op beslote korporasies en die wet op belasting op toegevoegde waarde oortree het.

Dié klagte spruit uit die aankoop van X-straal-skandeerders vir die ministerie van finansies.

Die omstrede verhoor wat in 2009 begin het en waarin die staat reeds die getuienis van 20 getuies gelei het, sal opnuut vanjaar op 14 Mei voor regter Liebenberg begin nadat regter Maphios Cheda aan die saak moes onttrek.

Die verhoor van die drie beskuldigdes in dié saak het nog nie gevorder sedert die appèl na die hooggeregs­hof teen regter Cheda se weiering om homself te verskoon, in 2015 gedoen is nie.

Lameck, Mokaxwa en Yang se borgtog is tot 14 Mei verleng.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!