Lammers ter slagting
ANONIEM SKRYF:
Die son het so pas gesak
en ek hoor die nag-geluide
van die skape in hul weide
wat hul lot bekla
Nege van die trop
het vir vos ten prooi geval
en die hoogste prys betaal
daar is ’n geblêr van weemoed
in hul tranedal
wat in my ook woed
Ek wens dat ek hul taal tog kon bemeester
om hulle met troos en raad
moed in te praat
en te begeester
voorspoed toe te wens
Kan ek sê wees tevrede met jul lot
al is jul lot so donners vrot
óf in die jakkals se pens
óf in die mens se drie-been-pot
Die son het so pas gesak
en ek hoor die nag-geluide
van die skape in hul weide
wat hul lot bekla
Nege van die trop
het vir vos ten prooi geval
en die hoogste prys betaal
daar is ’n geblêr van weemoed
in hul tranedal
wat in my ook woed
Ek wens dat ek hul taal tog kon bemeester
om hulle met troos en raad
moed in te praat
en te begeester
voorspoed toe te wens
Kan ek sê wees tevrede met jul lot
al is jul lot so donners vrot
óf in die jakkals se pens
óf in die mens se drie-been-pot
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie