Land in 'komplekse krisis'
Altesaam 635 000 dosisse Johnson & Johnson en 75 000 dosisse AstraZeneca is aan Namibië beloof, of deur die regering aangekoop.
Henriette Lamprecht – Hoewel die gesondheidskeuses van die individu respekteer word, bevind Namibië hom in ‘n “unieke en komplekse krisis” waarin die besluite van die individu ‘n invloed op die massa het.
President Hage Geingob het Vrydag met die aankondiging van die nuwe Covid-19-regulasies gesê dit as die “mees somber tyd in ons nasie se geskiedenis” en bygevoeg die afgelope weke was “buitengewoon moeilik en die verlies aan lewens ongekend”.
Meer as 2 400 mense in Namibië is in Junie en Julie aan Covid dood.
Hy het verwys na Namibië se doelwit om ten minste 1,5 miljoen (60%) van sy inwoners teen 31 Maart aanstaande jaar in te ent om kudde-immuniteit te bereik. Tans is die nasionale koers van mense wat ten volle ingeënt is, 1,8% terwyl dié wat hul eerste dosis ontvang het, op 6,1% staan. Dit verteenwoordig ‘n gemiddelde inentingsyfer van 3 082 dosisse per dag.
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, het tydens dieselfde geleentheid “ernstige kommer” uitgespreek oor die “uiters lae” opkoms van inwoners in sommige streke – veral in die Noorde van die land. Hy het onder meer verwys na die Omusatistreek waar daar tydens ‘n besoek aan immuniseringspunte geen of slegs enkele inwoners was, met die daaglikse gemiddeld by dié punte wat enkelsyfers beloop
Hy het verwys na sommige gesondheidswerkers wat inwoners ontmoedig om hulle te laat inent en gemaan hulle sal in pas met die regulasies gestraf word.
Volgens Shangula is die skenking van die Johnson & Johnson-entstof deur Amerika verhoog van 165 200 dosisse na 302 000. Nederland gaan ook 75 000 dosisse AstraZeneca skenk.
Hy kon egter nie sê wanneer dit in die land sal aankom nie. Volgens die minister word 9 714 van die 333 333 dosisse Johnson & Johnson wat deur die Afrika-entstofverkrygingstaakspan (AVATT) aangekoop is, in die week van 23 Augustus verwag.
‘n Bykomende 48 nuwe immuniseringspunte is geskep wat al 14 streekskantore van die polisie, sowel as verskeie mobiele spanne en private geriewe insluit. Teen Donderdag het ‘n totaal van 159 881 oftewel 10,5% van die bevolking hul eerste dosis ontvang, terwyl 48 069 mense (3,1%) ten volle ingeënt is.
Oor die besetting van hospitaalbeddens het Shangula gesê dit het die afgelope twee weke met 18% in algemene isolasiesale tot 45% gedaal, terwyl dit in intensiewesorgeenhede (ICU’s) van 111% tot 53% teen Donderdag afgeneem het.
Die minister het verwys na die nuwe veldhospitaal met 70 beddens by die Katutura-hospitaal, asook die voormalige gebou van die Nasionale Instituut vir Patologie (NIP) wat in omskep is in ‘n Covid-19-saal met 46 beddens om die behandelingskapasiteit te verhoog. Dit is bykomend tot die voormalige TB-saal met sy 74 beddens, terwyl saal 4A omskep is in ‘n saal met 64 beddens en saal 5A met 34 beddens. Bouwerk het ook begin aan nog ‘n saal met 98 beddens.
‘n Isolasie-hospitaal word ook by Okahao beplan, en wel met 12 beddens. Planne vir die bou van isolasiegeriewe by Andara, Otjiwarongo, Okahandja en Karasburg is ook in ‘n gevorderde stadium.
Kapasiteit by lykshuise is ook by die Windhoek Sentrale Hospitaal, sowel as op Mariental, Walvisbaai, Okahandja, Otjiwarongo, Outapi, Onandjokwe, Gobabis en Tsumeb verhoog. Dit is aangevul met mobiele verkoelingshouers.
Shangula het die “reusedruk” op toegang tot en beskikbaarheid van voldoende en betroubare suurstof as een van die grootste uitdagings in die pandemie uitgesonder. Volgens hom het dit beklemtoon dat die ministerie plaaslike kapasiteit vir die produksie van suurstof in die land moet skep.
Die minister het “ernstige kommer” oor die hoë getal sterftes uitgespreek en gesê dit kom meestal onder ouer ouderdomsgroepe en persone met onderliggende mediese toestande voor. In die tydperk 16 tot 29 Julie het die virus die lewens van 628 Namibiërs geëis. Om die omkeertyd van toetsuitslae te verminder het die ministerie begin om kitstoetse te gebruik wat ‘n bepaalde algoritme volg. ‘n Totaal van 1 872 kitstoetse is landwyd uitgevoer. Die voorkoms van variante van die virus word deurgaans gemonitor deur genoomtoetsing deur onder meer die Universiteit van Namibië en die Nasionale Instituut vir Oordraagbare siektes (NICD) in Suid-Afrika.
DIE NUUTSTE REGULASIES
Pres. Hage Geingob het die Covid-19-regulasies tot middernag op 14 Augustus as volg aangepas:
1. Reisbeperkings is landwyd opgehef;
2. Openbare byeenkomste mag nou weer deur 50 mense bygewoon word, maar nie vir langer as 2 ure nie;
3. Die aandklokreël is aangepas en geld vanaf 22:00 tot 04:00;
4. Alle skole hervat Woensdag aangesig tot aangesig onderrig;
5. Leerlinge in grade 7, 9, 10,11 en vlak keer voltyds terug skool toe;
6. Pre-primêre leerlinge en leerlinge in graad 8 keer op 'n rotasiegrondslag terug skool toe. Dieselfde geld dagsorgsentrums en kleuterskole;
7. Drankverkope en beperkings bly dieselfde, buiten dat mense nou ook op Vrdae drank mag koop;
8. Alle restaurante mag weer aansit etes bedien. Straatkosverkope mag ook plaasvind;
9. Gimnasiums en sportklubs bly toe;
10. Spa's, haar- en skoonheidsalonne is oop;
11. Binnens- en buitenshuise swembaddens en speelgronde is oop;
12. Beperkings op die getal mense in ‘n voertuie bly beperk tot die helfte van die voertuig se kapasiteit;
13. Maatreëls vir begrafnisse bly onveranderd;
14. Mense wat Namibië binnekom, se PCR-toetse mag nie ouer as 72 uur wees nie;
15. Namibiërs met sertifikate wat toon hulle het van Covid-19 herstel, mag vir drie maande daarna die land binnekom sonder om getoets te word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie