Land se beste skerpskutters met pyle by skouspel in Nederland
Louw Nel, Jacques van der Merwe, Riaan Vermaak, Babette Taljaard en Ilana Malan is gereed om Namibië met trots te verteenwoordig.
Tielman van Lill - Nadat die Namibiese Boogskietvereniging (AAN) verlede maand sy nasionale kampioenskappe met die terugbuigboog en saamgestelde boog aangebied het, is 'n span gekies om Namibië by die 2019 Hyundai wêreldboogskietkampioenskap te verteenwoordig.
Sportklub Windhoek (SKW) het die AAN se jaarlikse nasionale kampioenskap drie naweke gelede by sy baan in Olympia aangebied, waar puik resultate deur die skutters in gunstige weersomstandighede behaal is.
Deelnemers van so ver as Lüderitz, Swakopmund en Tsumeb asook uit die hoofstad en selfs uit Suid-Afrika en Zimbabwe het dié belangrike en gesogte kompetisie ondersteun.
Met SKW as die klub met die meeste skutters, was dit nie vreemd dat al vyf spanlede uit sy geledere gekom het nie.
Die Namibiese span het Sondag na Nederland gevlieg, waar hulle van 7 tot 17 Junie saam met 610 topskutters van die wêreld en 88 lande in Hertogenbosch gaan kompeteer.
Die span is Louw Nel, Jacques van der Merwe, Riaan Vermaak, Babette Taljaard en Ilana Malan, met Heidi Reddig as spanbestuurder.
Die volgende plaaslike kompetisie is op 22 Junie by die Dörnhugel-gasteplaas naby Tsumeb.
Die uitslae by SKW was:
1440-RONDE, saamgestelde boog
Mans: 1 Jannie Meuwesen, 2 Riaan Vermaak, 3 Hermias Rossouw.
Vroue: 1 Babette Taljaard, 2 Ilana Malan, 3 Jacqueline Coetzee.
Meestermans: 1 Anton Zietsman, 2 Moritz Hoff.
Junior mans: 1 Manual de Rebeira.
Kadetmans: Dirkie de Bod.
Ontwikkelingsafdeling. Meisies o.13: 1 Mia Karsten. Seuns: 1 Wessel du Plessis, 2 James Boshoff.
1440-RONDE, terugbuigboog
Mans: 1 Lutz Wahlers.
Junior mans: 1 Adriaan Grobler, 2 Kristiaan van Breda.
Vroue: 1 Quinn Reddig.
Kadetvroue: 1 Chelsey Hunter (Zimbabwe).
Ontwikkelingsafdeling, Seuns o.13: 1 Bryce Hill (Zimbabwe).
720-RONDE, saamgestelde boog
Mans. 1 Jannie Meuwesen, 2 Louw Nel, 3 Jacques van der Merwe.
Vroue: 1 Babette Taljaard, 2 Ilana Malan, Jacqueline Coetzee.

Junior mans: 1 Duan Engelbrecht, 2 Manual de Rebeira.
Kadetmans: 1 Dirkie de Bod.
Ontwikkelingsafdeling, Meisies o.13: 1 Mia Karsten. Seuns: 1 Wessel du Plessis, 2 James Boshoff.
720-RONDE, terugbuigboog
Mans: 1 Lutz Wahlers.
Vroue: 1 Margot Louw.

Kadetvroue: 1 Chelsey Hunter (Zim).
Mans: 1 CF Brandt.
Ontwikkelingsafdeling, Vroue: Nelleke Louw. Seuns o.13: 1 Bryce Hill (Zim).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie