Land se lekkerste fees
Land se lekkerste fees

Land se lekkerste fees

Tanja Bause
Tanja Bause



Die jaarlikse Windhoek Draught Outjo Wildsfees vind op 28 en 29 April 2017 weer plaas en diegene wat die lekkerste fees in Namibië wil bywoon, kan nou al die datums in hul kalenders merk.

Die fees – die enigste van sy aard in die land – is oudergewoonte weer op die familie gefokus. In 2016 het die Wildsfees in die gemeenskap teruggeploeg deur instansies te vergoed wat gehelp het. ''n Liefdadigheidsontbyt wat gedurende die fees gehou is, was ten bate van die Outjo Kankerfonds. Goue Jare, ''n fonds vir bejaarde­sorg, het ook ''n donasie ontvang. Die Have-a-Heart Outjo diere­kliniek het toerusting ontvang sodat dit addisionele dienste aan die gemeenskap kan lewer soos troeteldiere te steriliseer, versorg en voed.

Die wildsfees het drie bene, naamlik omgewingsopvoeding, bewaring en toerisme.

“Die platform gee vir ons die geleentheid om die volgende geslag bewaarders te werf, te behou en te inspireer. Dit is die fokus vir die Outjo Wildsfees 2017,” het me. Marinette Anthonissen gesê.

Volgens haar sal die skole van Outjo en omliggende gebiede gedurende die naweek genooi word om na praatjies te kom luister oor diere en die natuurlewe en ook hoe om uitsterwing te voorkom. Kinders sal ook meer oor herwinningsmetodes leer om die natuurskoon te beskerm.

“Die wildsfees deel ook die regering se visie van ''Harambee'' naamlik ''Food for the Future'' in vennootskap met gewillige borge, waar kinders en gemeenskappe aangemoedig word om groentetuine aan te lê,” het sy gesê.

Een van die grootste trekpleisters by die wildsfees is die immergewilde wildsveiling. Die katalogusveiling bied van die beste bastergemsbok-bloedlyne in Namibië. Vir meer inligting hieroor, kan Du Preez Wild gekontak word.

Dr. Chris Brown van die Namibiese Kamer van die Omgewing (NCE), mnr. Mike Bredenkamp van die Namibië Wildteelvereniging en ''n spreker van Namibië Professionele Jagvereniging (NAPHA) sal praatjies kom lewer. Daar sal ook talle inligtingstalletjies oor bewaring en omgewingsopvoeding in die veilingtent wees.

“Die Shoprite/Checkers Proe-en- kuiertent­ bied deur die loop van die naweek vir die eerste keer ''n uitdunronde van die Shoprite/Checkers Boerewors-kompetisie aan. Daar sal ook weer ''n liefdadigheid-damesontbyt in die tent aangebied word waar me. Liz Meiring die dames gaan vermaak,” het Anthonissen gesê.

Daar is vermaak vir oud en jonk met talle Namibiese en Suid-Afrikaanse kuns­tenaars wat te sien sal wees.

Uitstallers word genooi om nou reeds hul stalletjies te bespreek. Anthonissen kan by [email protected] gekontak word in dié verband. Vir meer inligting kan die Facebook-blad of die webblad (www.outjo-wildsfees.com) besoek word.

Kommentaar

Republikein 2024-10-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Crystal Palace 0 vs 1 Liverpool LaLiga: Espanyol 2 vs 1 Mallorca | Leganés 0 vs 0 Valencia SerieA: Hellas Verona 2 vs 1 Venezia | Napoli 3 vs 1 Como European Championships Qualifying: Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Sunderland 2 vs 2 Leeds United | Bristol City 0 vs 0 Sheffield Wednesday | Stoke City 6 vs 1 Portsmouth | Sheffield United 1 vs 0 Swansea City | Preston North End 3 vs 0 Watford English Championship: Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Sunderland 2 vs 2 Leeds United | Bristol City 0 vs 0 Sheffield Wednesday | Stoke City 6 vs 1 Portsmouth | Sheffield United 1 vs 0 Swansea City | Preston North End 3 vs 0 Watford #N/A Currency: GBP to NAD 22.88 | EUR to NAD 19.17 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 17.48 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.19 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.61 | USD to AOA 910 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1656.86 | USD to ZAR 17.48 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1868.17 Down -0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14167.03 Up +0.09% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31720.5 Up +1.24% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9661.12 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 653.84/OZ DOWN -0.0008 | Copper US$ 4.54/lb UP +0.38% | Zinc US$ 3 189.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 78.66/BBP UP +0.23% | Platinum US$ 988.89/OZ DOWN -0.0035 #N/A