Landbank se rol in heropbouing ná die droogte
Nuwe bedeling in landboufinansiering
Dr. Kobus Laubscher
Die ware betekenis van die verbeterde finansiële posisie van die Suid-Afrikaanse Landbank na aanleiding van die jongste finansiële state, is veral duidelik as die verloop van landboufinansiering die afgelope dekade of wat ontleed word.
Hoewel die Landbank nooit die belangrikste bron van landboufinansiering was nie, het die bank ’n betekenisvolle rol gespeel. Finansiering vir die landbou het ’n wye veld gedek en menige boer sal daarvan kan getuig. Daarbenewens was die Landbank ook ’n belangrike bron van kapitaal vir landboukoöperasies.
Teen die einde van die negentigerjare het die Landbank as lener uitgesak. Handelsbanke was altyd die belangrikste lener, maar die skerp toename in totale landbouskuld sedert die begin van die 21ste eeu, bewys landbou se afhanklikheid van dié banke.
In die jaar tot 31 Desember 2001 was die relatiewe aandeel in totale landbouskuld van die Landbank en handelsbanke, onderskeidelik 29,43% en 42,65%.
Teen die einde van die vorige boekjaar was die twee groeperinge nog kop aan kop met onderskeidelik 32,2% en 37,5%. Die Landbank se relatiewe aandeel in totale landbouskuld het in die 2007-boekjaar op ’n laagtepunt van net meer as 11% gedraai. Dié laagtepunt is veral betekenisvol as die skerp toename in vraag na landboukrediet sedert daardie jaar in ag geneem word.
Bedryfsontleders was dit eens dat die Landbank ernstig sou moes herstruktureer ten einde veral die nasionale ontwikkelingsinisiatiewe aan te vul.
Veerkragtig
Die bekendmaking van die verbeterde resultate van die afgelope boekjaar, kom dus op ’n baie geleë tyd. Die feit dat goeie resultate behaal is te midde van die ergste droogte in dekades, getuig van die veerkragtigheid van die Landbank.
Die bedoelde strategiese rol van die Landbank by die finansiering van veral die ontwikkelende landbou, kan ’n direkte en positiewe gevolg wees. Daarmee saam kan die Landbank deur middel van groothandel-finansierder van landboukoöperasies bydra tot landbouspesifieke finansiering van ontwikkelingsinisiatiewe tot op plaasvlak.
Die grootste uitdaging ten opsigte van landboufinansiering lê by die ná-droogte heropbou van die landbou. In hierdie verband kan die Landbank ’n uiters belangrike rol speel, mits begrip vir die eiesoortige aard van die vraag na krediet in die landbou en die landbouwaardeketting bestaan.
Wat verder verblydend is, is dat die beter resultate die gevolg is van introspektiewe ontleding en verbeterde strategiese belyning van die vraag na finansiële dienste enersyds, en wat die landbank bied en kan bied.
Die verbeterde wins met kostebesparing as komponent is ’n voorbeeld vir ander geldskieters.
Versekering
Die omswaai van die Landbank se versekeringsarm van ’n verlies na wins is verdere bewys van hoe die daad by die woord gevoeg word.
Daardeur kan die Landbank dalk vertrou word met broodnodige kapasiteit om die landbou in staat te stel om bekostigbare versekering te bekom as deel van risikoverskansing en -bestuur wat noodwendig deel sal moet word van die ná-droogte heropbou.
Die nuutste resultate lewer verdere bewys van ’n volhoubare model met die voldoening aan Basel I en Basel II. Laasgenoemde is internasionaal erkende maatstawwe ten opsigte van die geagte vermoë van ’n kredietverskaffer wat voldoende kapitaal betref, sowel as die vermoë om belangrike risiko’s te hanteer.
Dié uitkomste is uiters gerusstellend en landbou kan gewis staatmaak op wat die Landbank kan bied.
Wat veral betekenisvol is, is dat die nuutste resultate bepaald op ’n nuwe tydvak in die bestaan van die Landbank dui. Die landbou het dit juis nou broodnodig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie