Landbank: Verlies nu00e1 afskrywings, boere wat sukkel
Landbank: Verlies nu00e1 afskrywings, boere wat sukkel

Landbank: Verlies ná afskrywings, boere wat sukkel

Nellie Brand-Jonker – Die Landbank het in die afgelope halfjaar tot einde September ’n verlies gely weens afskrywings van lenings wat skerp gestyg het.

Die verlies wat gely is vir die halfjaar beloop R186 miljoen vergeleke met ’n wins van R63 miljoen in die ooreenstemmende halfjaar.

Die bank sê in ’n verklaring aan beleggers die bedryfsomgewing bly moeilik weens die stadige ekonomiese groei en die impak van vorige jare se droogte.

Die verlies is toegeskryf aan die beperkte groei in sy leningsboek asook sy afskrywingskoste wat met R195 miljoen gestyg het. Die verkoop van die sukkelende bate Profert en die vermindering van die blootstelling aan Silico het ook hiertoe bygedra.

Sy inkomste uit bedrywighede het skerp met 55% tot R130 miljoen gedaal van die ooreenstemmende halfjaar se R294 miljoen.

Die grootste deel van sy inkomste kom van rente op lenings, wat met amper 20% tot R467,4 miljoen gedaal het.

Die persentasie van lenings waarvan die terugbetaling sukkel, vergeleke met die totale uitstaande leningsboek het tot 9,9% gestyg. Dit is ’n taamlike groot styging van die 5,8% in die ooreenstemmende tyd einde September 2018. Dit was egter met jaareinde einde Maart verlede jaar reeds op 8,8%.

Die redes daarvoor sluit in:

· Die verskuiwing in seisoene se impak op landbou wat tot laat oeste lei en laat terugbetaling van lenings;

· Kliënte wat nog van vorige jare se droogte herstel; en

· Die skommeling in pryse en talle plant- en veesiektes.

Landbank sê in die verklaring hy het in die halfjaar voortgesette ondersteuning in die kapitaalmark van beleggers gekry. Landbank leen sy geld wat uitgeleen word aan boere van beleggers in die kapitaalmark. Die totale uitstaande lenings het met 4,6% tot R42,4 miljard gedaal.

Landbank sê sy twee versekeringsfiliale, ’n lewensversekeraar en korttermynversekeraar, het bevredigende resultate gelewer.

’n Versekeringsverlies van R64,1 miljoen is getoon, wat groter is as die verlies in die ooreenstemmende halfjaar.

Dit het tot die daling in inkomste uit bedrywighede bygedra.

Sy balansstaat toon korttermynversekeringsbates het met 80% tot R50,5 miljoen van R254 miljoen in die ooreenstemmende tydperk gedaal. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-12-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 19° | 27° Oshakati: 21° | 27° Ruacana: 20° | 25° Tsumeb: 19° | 27° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 21° | 33° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 18° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 16° | 21° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 20° | 36° Aranos: 20° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 14° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 20° | 24° Lubumbashi: 17° | 31° Mbabane: 16° | 19° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 15° | 34° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 26° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 17° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 17° | 21° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 21° | 34° Harare: 19° | 31° #REF! #REF!