Landbou boer vooruit
Die ministerie van landbou, water en grondhervorming kyk na die vordering van die landbousektor sedert onafhanklikwording.
Elvira Hattingh – Sedert onafhanklikwording is net minder as 4,8 miljoen beeste by Namibië se uitvoerabattoirs geslag, terwyl sowat 12,7 miljoen skape plaaslik geslag is.
Die ministerie van landbou, water en grondhervorming het verlede week ‘n verslag uitgereik van die vordering wat die Namibiese landboubedryf oor die afgelope 30 jaar gemaak het.
Volgens die verslag het die landboubedryf daarin geslaag om toegang tot 22 lande vir Namibiese beesvleis te bewerkstellig, wat Engeland, Noorweë, China, Rusland, Italië, Nederland, Spanje, Duitsland, Portugal, Griekeland, Turkye, Denemarke en Hong Kong insluit.
Die land het altesaam 426 237 ton beesvleissnitte of -karkasse uitgevoer, 43 925 ton afval en 517 581 ton geblikte vleis. Daar is altesaam 154 017 ton skaapvleissnitte en –karkasse uitgevoer, asook 25 284 ton skaapafval en 7 345 ton velle.
Terselfdertyd staan die syfer vir lewende uitvoere van skaap oor 30 jaar op 8,7 miljoen en 147 959 vir bokke. Vir bees is die getal 307 874.
Volgens die jongste syfers was die waarde van vleis- en lewendehaweprodukte vanaf Namibiese uitvoerabattoirs N$788 miljoen in 2018 en N$1 279 miljoen in 2019.
Die Vleisraad van Namibië het in ’n onlangse verslag gesê beesbemarking tydens die laaste kwartaal van 2019 was baie goed – sowat 4,78% meer as dieselfde tydperk in 2018.
Beesbemarking het van 441 559 beeste in 2018 na 462 646 beeste in 2019 toegeneem – gedwonge bemarking as gevolg van die droogte, gerugsteun deur mededingende pryse wat uitvoerabattoirs betaal het.
NUWE VEERASSE
Plaaslik is daar sedert onafhanklikwording ook ses beessoorte ontwikkel (bekend as Sanga-ekotipes) asook ‘n eie skaapras, naamlik die Gellapperskaap. Namibië het ook vier eie bokrasse ontwikkel uit inheemse bokke vanaf ons noordelike streke, genaamd die Kunene-, Kavango-, Caprivi- en Owambo-ekotipes.
Voor onafhanklikwording het Namibië oor net een plaaslik ontwikkelde beesras beskik.
Namibië spog ook met ’n wêreldgehalte naspeurbaarheidstelsel (NamLITS) vir vee wat in 2006 in alle streke suid van die veterinêre kordonheining van stapel gestuur is. Dit is in 2011 in verskeie noordelike kommunale gebiede toegepas.
Tot op hede is 95% van beeste ouer as ses maande met ’n oorplaatjie toegerus. Dit beteken verbruikers kan die kos op hul bord naspoor tot na die plaas waar dit geproduseer is.
Op die manier word daar seker gemaak enige uitbreking van siektes kan tot by die oorsprong teruggeneem word, terwyl dit Namibiese boere met marktoegang help en veediefstal teenwerk.
Namibië beskik tans oor 25 veeartsenyklinieke, 12 kwarantynfasiliteite asook 16 abattoirs, terwyl 12 grensposte nou oor veeartsenybeamptes beskik. Dertien grensposte spog nou met veehanteringsfasiliteite – iets wat glad nie voor onafhanklikheid bestaan het nie.
Die land het 30 jaar gelede slegs oor vier staatsabattoirs beskik, waar dit tans oor altesaam 16 beskik. Uit die 16 is vyf staatsabattoirs.
Daar sal 17 veeartse in April vanjaar by Unam se skool vir veterinêre medisyne gradueer.
GEWASVERBOUING
Namibië voer tans jaarliks sowat ses miljoen bokse druiwe (4,5 kg elk) uit, met ’n gemiddelde waarde van sowat N$597 miljoen. Ons voer ook 350 000 ton dadels ter waarde van N$70,9 miljoen per jaar uit, terwyl 18 937 ton groente ter waarde van N$111 miljoen uitgevoer word.
Mnr. Gilbert Mulonda van die Namibiese Akkerbouraad (NAB) het onlangs aan Republikein gesê Namibië het tydens die 2018-’19-seisoen sowat 29 762 ton tafeldruiwe uitgevoer.
“Die werklike waarde van die uitvoere tydens die 2018-’19-seisoen was sowat N$1,1 miljard.
“Dit is op heersende markpryse in die grootste uitvoermarkte gebaseer. Die prys vir uitvoertafeldruiwe per ton is sowat N$37 000, of N$37 per kg,” het Mulonda gesê.
Namibië het die afgelope vyf jaar tussen 23 775 en 31 554 ton druiwe jaarliks uitgevoer.
Namibië beskik oor die markaandeel-bevorderingskema (MSP), ’n stelsel waarvolgens Namibiese handelaars verplig word om ’n vasgestelde persentasie groente (tans 47%) eers plaaslik aan te koop voordat hulle invoerpermitte kan kry om dié groente vanaf die buiteland in te bring.
Dit beteken Namibië voorsien tans self in 47% van sy vraag na groente, terwyl die getal vóór onafhanklikwording op minder as 5% gestaan het.
Die aantal landerye onder besproeiing oor die afgelope 30 jaar het ook bykans verviervoudig.
Voor onafhanklikwording het die Namibiese regering oor 1 434 besproeiingslande beskik en die private sektor oor 3 000 ha. Tans beskik die regering oor 5 512 ha onder besproeiing en die private sektor oor 5 488 ha. Dus is altesaam 11 000 ha se landerye tans onder besproeiing.
Die aantal groenskemas het oor drie dekades van vier na 11 gegroei, met die Neckartal-skema (1 800 ha) en die Katima Liselo-skema (1 600 ha) wat nog ontwikkel word. Altesaam 426 metrieke ton rys is sedert die 2014-’15-seisoen by die Kalimbeza-rysprojek geoes, met ’n geskatte waarde van net minder as N$4 miljoen.
Voor onafhanklikwording het Namibië nie oor enige graansilo’s beskik nie, terwyl daar tans vyf is met ’n totale kapasiteit van 22 900 metrieke ton. Hulle is by Tsandi, Omuthiya, Okongo, Rundu en Katima Mulilo geleë. Laasgenoemde is die land se grootste en kan 7 400 metrieke ton graan stoor.
Sedert 2010 is daar altesaam sowat 73 000 metrieke ton graan in plaaslike silo’s gestoor. Die waarde daarvan is N$328,5 miljoen. Hiervan is 63 000 metrieke ton vir die regering se voedselhulpprogramme aangewend, terwyl 10 000 metrieke ton aan private meulens verkoop is.
Terselfdertyd beskik ons nou ook oor 24 meulens, met die Oshanastreek wat oor vier meulens beskik en die Otjozondjupa-, Khomas- en Oshikotostreek wat elk drie het.
Die regering sê dit het oor die afgelope 30 jaar altesaam 162 trekkers gekoop en dit in tien gewasproduserende streke versprei. Dit is nou uitsluitlik vir gewasverbouiing op droëland.
Na raming trek sowat 40 000 huishoudings voordeel uit die regering se program vir gemeganiseerde dienste en insette.
Namibiese navorsers het reeds 19 saadvariëteite plaaslik by die Omahenene- en Mannheim-navorsingstasies in die Omusati- en Oshikotostreek ontwikkel. Dit sluit in drie variëteite van mahangu, ses van sorghum, agt akkerboonsoorte, een Bambara-soort asook een mielievariëteit.
Intussen spog Namibië met 187 landbou-koöperatiewe, waarvan nege ten volle geregistreer is en die res is voorlopig geregistreer. Voor onafhanklikheid was daar net vyf.
WATER
Daar is 7 684 boorgate oor die afgelope 30 jaar gesink terwyl 51 waterverskaffingskemas gebou is waarvan die pyplyne in totaal oor 12 375 km strek.
Die regering het 3 243 waterpunte in die tydperk gerehabiliteer.
Daar is 19 groot nasionale damme gebou, terwyl 256 gronddamme gegrawe en gerehabiliteer is en drie ontsoutingsaanlegte vir landelike gemeenskappe gebou is.
Dit sluit die groot Areva-ontsoutingsaanleg teen die kus in asook die twee kleiner aanlegte Uutsathima en Amarika. Tesame hiermee is nege watersuiweringsaanlegte gebou.
Dienooreenkomstig het 90% van landelike huishoudings nou toegang tot veilige drinkwater, terwyl die getal vir dorpsbewoners op 98,6% staan.
Sanitasie is egter steeds agter, alhoewel daar verbeteringswerk aan 4 015 sanitasiefasiliteite aangebring is.
Vóór onafhanklikwording het net 17% landelike gemeenskappe toegang tot sanitasiegeriewe gehad, terwyl die getal nou op 35% staan. Vir mense in dorpsgebiede het syfers vir toegang tot sanitasiegeriewe 30 jaar gelede op 49% gestaan en is dit nou na 82% verbeter.
Die nasionale gemiddeld vir toegang tot sanitasiegeriewe is egter steeds 46%.
BOSBOU
Die land beskik tans oor bykans 8,2 miljoen ha se gemeenskapswoude, asook oor twee staatswoude, naamlik Canovlei in die Otjozondjupastreek en Hamoyi in die Kavango-Wesstreek.
Die meeste gemeenskapswoude (sewe onderskeidelik) is in die Kavango-Oos-, Kunene- en Zambezistreek geleë, terwyl die Otjozondjupastreek ses van die woude het en die Kavango-Wesstreek vyf.
Staatswoude bedek altesaam 436 240 ha van Namibië.
Ook beskik Namibië oor drie gemeenskapswoudsentrums.
Oor die afgelope 30 jaar het die land 33 kwekerye bygekry en beskik dit tans oor altesaam 36. Ook beskik Namibië nou oor 318,8 ha vrugteboorde waarvan 15 in die Oshanastreek is.
Die tweede meeste boorde is in die Omusati- en Oshikotostreek geleë. Die regering meen dit is ’n positiewe verwikkeling aangesien dit mense se toegang tot sade en vrugte verbeter, terwyl dit ook sosioëkonomiese ontwikkeling bevorder.
VOLHOUBAARHEID
In ’n onlangse praatjie het mnr. Dietrich Remmert van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR) egter gemeen politici se visie dat die landbousektor ’n bron van ekonomiese groei vir die land kan raak, is waarskynlik onrealisties.
“As jy met boere gesels en ook die wetenskap van klimaatsverandering oorweeg, is dit hoogs onwaarskynlik dat landbou in die toekoms ‘n ‘groeimasjien’ vir ons ekonomie sal raak.
“Ons sal gelukkig wees as ons die huidige koers van ekonomiese groei in die landboubedryf kan volhou. Dienooreenkomstig het landbou se bruto binnelandse produk-groei gestagneer,” het Remmert tydens ‘n voorlegging van sy navorsingsartikel oor droogte, watertekorte en klimaatsverandering gesê.
Hy sê daar het oor die afgelope tyd talle berigte oor klimaatsverandering verskyn, terwyl die IPPC se prognose vir die Suider-Afrikaanse streek is dat ons minder reën as gevolg van klimaatsverandering sal ontvang, terwyl gemiddelde temperature sterk sal styg.
“Veral Namibië se gemiddelde temperatuur sal sterker as globale temperature styg omdat dit reeds oor ’n droë klimaat beskik,” het Remmert gesê. Hy meen dit kan tot meer droogtes, vloede en hittegolwe lei.
“Dalk moet ons in die lig van klimaatsverandering heroorweeg waarin ons geld belê,” het hy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie