Landbou bokspring in tweede kwartaal
Was dit nie vir landbou en mynbou se vertoning nie, was Namibië die afgelope kwartaal nóg dieper in 'n resessie gedompel.
Jo-Maré Duddy
Danksy mildelike reën wat akkerbou laat blom het, kon landbou in die tweede kwartaal met die hoogste groeisyfer laat in 2014 spog.
Die jongste bruto binnelandse produksyfers wat deur die Namibië Statistiekagentskap (NSA) vrygestel is, toon landbou het die afgelope kwartaal jaar op jaar met 17% gegroei. Nie net is dit aansienlik beter as 6,9% van dieselfde drie maande in 2016 nie, dit oorskry ook die 11,2% van die eerste kwartaal vanjaar.
Die laaste keer dat landbou sulke syfers geoes het, was in die derde kwartaal van 2014 toe groei van 22,9% behaal is.
Was dit nie vir landbou en mynbou se vertoning nie, was Namibië die afgelope kwartaal nóg dieper in 'n resessie gedompel. Dié twee sektore was die enigstes was dubbelsyfergroei kon behaal – mynbou s'n was 25,8%. Algehele ekonomiese groei in die tweede kwartaal was -1,7% - dieselfde as in die eerste kwartaal.
Geldgewys het landbou laas aan die einde van 2012 soveel geld in die ekonomie ingepomp.
Die sektor se BBP-bydrae – gemeet teen die konstante pryse van 2010 wat vir inflasie aangepas is – in die afgelope kwartaal was meer as N$1,15 miljard. Dit is N$226 miljoen meer as die eerste kwartaal vanjaar en N$167 miljoen meer as die tweede kwartaal van 2016.
Dit is die eerste keer sedert die laaste kwartaal van 2015 dat landbou se BBP-bydrae N$1 miljard oorskry. Toe was die sektor se kwartaalbydrae N$1,084 miljard. Landbou het egter die ekonomie laas in die vierde kwartaal van 2012 so 'n groot hupstoot gegee toe sy BBP-bydrae N$1,261 miljard was.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie