Landbou en die vierde nywerheidsrevolusie
Onafwendbaar vir die toekoms
Dr. Kobus Laubscher - Dit is nie toevallig dat die vierde nywerheidsrevolusie tans soveel aandag geniet nie.
Die belangrikheid daarvan kan verstaan word te midde van uitdagings soos die droogte, asook die jongste uitbreking van bek-en-klouseer in die Limpopo-provinsie. Boonop is die afgelope weervoorspellings vir Suid-Afrika kommerwekkend.
Ongeag aanvanklike optimistiese verwagtinge word minder as normale reën nou tot in Desember en selfs daarná verwag. Wat veral van belang is, is dat die Oostelike saaigebiede die swaarste getref kan word.
Dit kan die verwagte aanbod van somergrane in die substreek benadeel, wat ’n sterk moontlikheid skep dat daar op invoere staatgemaak sal moet word. Om die kroon te span, het bek-en-klouseer weer kop uitgesteek, terwyl die streek nog besig is om te herstel ná die vorige voorval.
Vleisuitvoere uit Suid-Afrika beloop tot USD 140 miljoen, terwyl die waarde van woluitvoere van meer as USD300 miljoen ook in die gedrang is.
Teen dié agtergrond mag dit moeilik vir die landbousektor wees om dit tans aan die vierde nywerheidsrevolusie te steur, maar dit kan nie hiervan losgemaak of uitgesluit word nie.
Sonder om tegnies oor die vierde nywerheidsrevolusie te raak, moet ons kennis neem dat dit nuwe vereistes aan ons gaan stel.
LEIERSKAP
Die Wêreld- Ekonomiese Forum (WEF) het ’n reeks artikels oor die leierskapsvereistes gepubliseer, wat insluit verantwoordelikheid en verantwoordbaarheid, entrepreneuriese leierskap, stelsel-leierskap en tegnologiese leierskap.
Dit is veral in stelsel-leierskap wat die vierde nywerheidsrewolusie toepassing vind. Verskeie nuwe velde moet oorweging geniet, waaronder die tydigheid en betroubaarheid van die vloei van inligting.
Kubermisdaad is algemeen en ’n mens moet aanvaar die vloei van inligting, wat besluite op plaasvlak kan raak, gaan dit nie vryspring nie.
Etiek gaan die wagwoord wees, hoewel die klem op die insameling, verwerking en implementering van inligting sal val. Dit sal nodig wees om die boer te bemagtig om as verlengstuk te dien van byvoorbeeld gesondheidsnetwerke omdat veeartse en ander ondersteunende personeel byvoorbeeld nie langer beskikbaar gaan wees nie of gewoon nie sal bestaan nie.
Markinligting en logistieke uitdagings moet meer betroubaar en tydig beskikbaar vir meer mense wees. Daar is gewoon geen verskoning wat meer aangevoer kan word vir hoekom veral opkomende boere in afgeleë gebiede nie deurlopend met die mark verbind kan wees nie.
Tegnologie opsigself is nie die beperking nie, maar toegang daartoe, en ondersteunende opleiding.
Dis nodig om ’n gedeelde visie te ontwikkel oor hoe die vierde nywerheidsrevolusie in landbou toepassing kan vind. Dit sodat landbou sy regmatige rol kan speel in terme van ekonomiese hervorming, maar ook aanspraak kan maak op beter fiskale ondersteuning.
Die vierdie nywerheidsrevolusie is onafwendbaar en verskeie kragte werk gelyktydig om nuwe oplossings te vind. Landbou het hierin ’n rol te speel, of anders sal ander namens landbou beslis.
Daar is genoeg skietgoed om ingeligte markte en verbruikers aan die boere se kant te hou, maar dit kan nie as vanselfsprekend aanvaar word nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie