Landbou in die tyd van verkiesingsroes
Beleidsekerheid sal beleggings bevorder
Dr. Kobus Laubscher - Die afgelope verkiesing in Suid-Afrika het interessante uitdagings vir die landbou opgelewer.
Daar is groot gewag gemaak van die grondkwessie en politieke partye het op allerlei maniere die beuel van grondonteiening probeer blaas.
Die kiesers het vooraf aangedui dat die grondkwessie die minste van hulle probleme is – die meeste kiesers kan nie grond eet nie.
Hulle probleme is van meer praktiese aard – vanweë basiese dienslewering en die gebrek daaraan, is die politieke partye gestraf. Nie noodwendig net deur middel van veranderde stempatrone nie, maar deur eenvoudig nie te gaan stem nie.
Pleks van te fokus op nasionale kwessies in so ‘n nasionale verkiesing, het plaaslike kwessies oorheers. Ongelukkig het dit ook gewys op die onvermoë van die meeste kiesers om te kan onderskei.
Indien dienslewering die aandag kry wat dit verdien, sal almal bevoordeel word. Indien korrupsie en die blatante steel van geld wat die ontvangers nie toekom nie vasgevat word, sal die geld uitkom waar dit hoort.
Die aandag van die politieke leiers sal noodwendig moet verander en dit behoort die landbou te bevoordeel.
Voor die verkiesing was daar duidelike bewys van die leierskap waaroor die landbou beskik om self probleme op te los; meer nog die welwilligheid wat dit stuur.
Daar kon nog altyd op die landbou staatgemaak word om sy spreekwoordelike kant te bring. Terwyl politieke partye nog wonde lek en kopkrap, bly landbou besig met sy besigheid.
Dit is om te midde van ‘n legio uitdagings kos volhoubaar op die tafels van die verbruikers te kry.
Daar is nou gapings vir die landbou om die verbruikers verby politieke retoriek te laat kyk na wat werklik saak maak. Hierin is daar beslis nuwe denke nodig, naamlik om deurlopend en kreatief die landbou as die goeie vriend aan te bied en dan daardie belofte uit te leef.
Die 2019 Nampo Oesdag wat vandag by Bothaville begin, vind teen hierdie agtergrond plaas. Dit bly verstommend watter tegnologie beskikbaar is, maar meer indrukwekkend is die feit dat Suid-Afrikaanse boere dié tegnologie verstaan en wil en kan toepas.
Politieke leiers van waarde behoort hulle eerder hiermee besig te hou – gaan kyk en kry begrip van waarmee jy speel as jy landbou in Suid-Afrika wil verander, of liewer, in die wiele ry.
Kwessies soos beleidsekerheid is uiters noodsaaklik om beleggings in die landbou te bevorder. Risikobestuur kan nie net meer die verantwoordelik van kommersiële landbou alleen wees nie.
Die regering moet tafel toe kom met kreatiewe denke om die Suid-Afrikaanse boer te help bemagtig om doeltreffend te kan meeding met sy oorsese eweknieë.
Dit is gewoon nie meer moontlik om die landbou op sy eie te los, of spreekwoordelik nog klippe te plaas op ‘n reeds moeilike pad nie. Daar moet eerder geluister en aangevul word.
‘n Mens sidder om te dink wat kon gebeur het in die aanloop tot die verkiesing as daar byvoorbeeld nie genoeg kos beskikbaar was nie.
Politieke leiers van waarde sal noodwendig nou moet kennis neem van die ondersteunende rol wat die landbou kan speel in die heropbou van die ekonomie.
Die landbou sal nie die bal laat val nie, maar dit is noodsaaklik dat die sweep nou geklap word in terme van die wegdoen met geïnduseerde probleme.
Die landbou kan aandring op beleidsekerheid enersyds, maar ook die ruimte om beleid deurlopend te kan aanpas.
Strategiese vlugvoetigheid aan die kant van die staat is uiters noodsaaklik. ‘n Mens kan net hoop dat die retoriese warm lug van onteiening sonder vergoeding nou sal plek maak vir deurdagte oorweging van strategieë wat die nodige belyning van ontwikkeling en groei met landbou as sleutelvennoot, sal aanvul.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie