Landbou in donkerste uur
Kommer heers oor vleispryse tuimel, terwyl boere midde-in die knelgreep van die droogte noodbemarking moet toepas.
Ronelle Rademeyer - Georganiseerde landbou het ’n noodvergadering met die minister van landbou, water en bosbou, mnr. Alpheus !Naruseb, aangevra om die kritieke situasie te bespreek waarin boere hulle bevind.
Speenkalfpryse het van Desember tot nou van N$32 per kilogram tot N$25 per kilogram geval.
Die uitbreking van bek-en-klouseer in Suid-Afrika en die feit dat dié land geen vleis mag uitvoer nie, is saam met die droogte die groot oorsake daarvan.
Mnr. Piet Gouws, voorsitter van die Lewendehaweprodusente-organisasie (LPO), sê wat lamsvleispryse betref, was die impak ewe drasties.
“Die prys het die afgelope weke van N$ 68 per kilogram tot N$50 per kilogram teruggesak, wat ’n daling van sowat 27% is. As ’n mens dink dat lamsvleis voor Kersfees meer as N$72 per kilogram was, is die daling heelwat groter,” sê hy.
Gouws sê hy het gisteroggend ’n telefoonkonferensie met mnre. Ryno van der Merwe, president van die Namibië Landbou-unie (NLU), dié unie se uitvoerende bestuurder, Roelie Venter, asook die hoof van bedrywe, Harald Marggraff, gehad oor die kritieke situasie waarin boere hulle weens die knellende droogte en dalende vleispryse bevind.
“Prysstabiliteit vir beesvleispryse in die plaaslike mark is nou baie belangrik,” sê Gouws en voeg by dit is een van die kwessies waaroor die NLU met die minister wil praat.
Volgens Venter is dit ook belangrik dat uitvoerbeperkings vir lewende skaap gelig word sodat boere ongehinderd hul diere in Suid-Afrika kan bemark.
’n Ander probleem is dat geen permitte vir die invoer van gras- en lusernbale, asook kuilvoer uit Suid-Arika tans uitgereik word nie, tensy dit van goedgekeurde verskaffers in die buurland kom.
Die beheermaatreëls teen bek-en-klouseer bepaal die Suid-Afrikaanse veeartseny-owerheid moet die plase sertifiseer voordat Namibië invoerpermitte uitreik. Dit is so ’n omslagtige proses dat dit eintlik onmoontlik is om daardie tipes ruvoer tans in te voer, verduidelik Venter.
Ruvoer wat deur ’n hitteproses is om byvoorbeeld lusern- en droogtekorrels te maak, mag wel ingevoer word.
Gouws sê aangesien alle boere tans om oorlewing veg, is daar nie binnelands gebaalde ruvoer beskikbaar om die nood te help verlig nie.
Hy sê met die uitsondering van enkele distrikte soos Grootfontein waar dit in die vorige seisoen redelik goed gereën het, beleef Namibiese boere hul sewende droë jaar.
“Ek is diep, diep bekommerd oor ons produsente. Die gemiddelde ouderdom van ons boere is 60 plus. Hulle moet nou aftreebeplanning doen, maar is finansieel nie daartoe in staat nie.
“Die seisoen is nie verby nie en ons kan in Februarie nog goeie reën kry. Maar selfs as dit nou reën, sal die weiding maar baie broos wees.”
Hy sê hierdie krisis gaan op nasionale vlak getakel moet word, maar dit is ook ’n uitdaging.
“Ons weet nie of ons droogtehulp van die regering kan verwag nie, en private besighede trek ook swaar.”
Sy raad aan boere is om nie emosionele besluite te neem nie, maar hul sake rasioneel te benader. “As jou diere markgereed is en jy het afset, moenie jou diere terughou vir ’n beter prys nie.”
Gouws se verdere raad is dat boere mekaar moet ondersteun en moed inpraat.
Hy sê hy is bekommerd dat boere hul gees van vasberadenheid verloor het en daarom is dit so belangrik dat hulle mekaar moet opbeur.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie