Landbou kan bydrae tot heropbou van ekonomie
BFAP besin oor sektor se toekoms
Dr. Kobus Laubscher – Die betroubaarheid van rigtinggewende statistiek oor die Suid-Afrikaanse ekonomie is besig om integriteit te herwin nadat dit met die chaos voor en tydens die pandemie in gedrang was.
Noodmaatreëls het konvensionele protokolle ontwrig en die vloei van geld van en na hulpbehoewende besighede en individue kon dalk 'n mate van skyngerustheid skep dat sake vlot verloop.
Normale waardekettingaktiwiteite is gestaak of ten beste ontwrig met verwarrende besluite ten opsigte van 'n ja of nee vir handel, ensovoorts. Soos 'n vol rivier, het landbouprodukte hulle loop gevind en verbruikers bereik, hetsy deur gewone aankope, maar ook via reuseskenkings.
In die meeste gevalle was produksie onomkeerbaar aan die gang en kon boere nie toesien dat hulle markklaar produkte verrot as gevolg van die afwesigheid van formele verhandelingsplatforms nie. Trouens, die pandemie het nie net bekende swakhede in die beleidraamwerk en funksionering van waardekettings blootgelê nie; dit was eintlik ook 'n skattejag.
So byvoorbeeld het die beperking op handel in die informele mark die gevolgskade in terme van geen kos aan miljoene mense nie, duidelik gewys op die belangrike rol wat die sogenaamde informele netwerk van handelaars speel in die strewe na verminderde huishoudelike voedselonsekerheid. Nou word daar letterlik gespring om dié netwerke meer funksioneel te maak.
Intussen dui die jongste verbruikersprys-gegewens van Statistiek Suid-Afrika op 'n moontlike toename in inflasie. Sedert die begin van die grendeltyd het die vraag na goedere wipplank gery en het inflasie soos verwag, gedaal. Almal het egter geweet dat dit nie die ware toedrag van sake weerspieël nie.
Van Junie tot Julie het verbruikersinflasie met 1,3% gestyg en die vernaamste oorsaak was die styging in kosinflasie. Dit is slegte nuus, want dié styging is 'n aanduiding van die koste vanaf die plaashek tot by die verbruiker.
Boere is oor die algemeen prysnemers wat beteken dat hulle nie verhoogde kostes aan hulle kant van die plaashek kan deurgee nie. Inteendeel, enige verandering aan die koste van waardetoevoeging word van beide die produsent deur laer plaashekpryse, asook die verbruiker verhaal.
Dié verhaling is egter ongelyk en dikwels groter aan die boer se kant vanweë die prysonelastiese aard van die vraag.
Verstadigde inflasie tot einde Junie was grootliks omdat daar water getrap moes word, maar namate die ekonomie ontgrendel word, kan verwag word dat kosteverhaling binne die waardeketting verdere opwaartse druk op inflasie sal uitoefen. Dit is slegte nuus vir die verbruikers wat meer sal moet betaal, maar met minder geld in die sak.
Daarteenoor het die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid (BFAP) hulle baie betroubare basislyn-ontleding vir die tydperk 2020 tot 2029 onlangs bekend gestel. Indringende ontledings van die Suid-Afrikaanse landbou is weer aan die orde, maar dié keer moet dit in konteks gesien word.
Prys- en ander tendense tot en met die aanvang van die grendeltyd is as oorweging gebruik in die modellering van die moontlike verloop van die landbou-ekonomie, maar moes gedoen word terwyl die pandemie nog op sy felste was.
Die ontledings van BFAP is veral bemagtigend wanneer dit kom by impakontledings soos om te kan besin oor wat kan gebeur as die beleidsomgewing nie heropbou bevorder nie. Groot klem word gelê op die sogenaamde meesterplan vir die heropbou van die landbou, maar dit kom met 'n waarskuwing.
So 'n meesterplan se sukses hang af van die inklusiwiteit van deelneming en as die staat sonder die insette en inkoop van die privaat sektor daaraan gestalte wil gee, sal dit stof vergader.
In sommige kringe word dit selfs 'n “swart olifant” genoem in analogie van die swart swaan en die olifant in die kamer.
Die land beskik oor die kollektiewe wysheid en kennis om die spreekwoordelike bul by die horings te pak, mits daar 'n openheid is om te luister.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie