Landbou moet strategies fiks wees vir heropbou
Landbou moet strategies fiks wees vir heropbou

Landbou moet strategies fiks wees vir heropbou

Strukturele transformasie belangrik
Kobus Laubscher
Dr. Kobus Laubscher – Met bewyse dat die droogtes van die afgelope jare in die meeste gevalle gebreek is, word veronderstel daar is groter duidelikheid oor die rol van die primêre produsent om ’n verskil op verskeie vlakke van die ekonomie te maak.

‘n Ekonomiese resessie in die landbou het beduidende voorwaartse en terugwaartse implikasies. Fokus op groei alleen as teen-resessie remedie kan egter blywende skade tot gevolg hê – amper soos ‘n atleet wat ná ‘n groot besering sonder rehabilitasie aanspraak wil maak op dieselfde en selfs beter prestasie as voor die besering.

Resessies sit bedrywe en besighede terug, maar van groter belang is die feit dat indien ‘n bedryf uiteindelik “regkom”, werklike mededingendheid anders lyk. Die beseerde atleet moet rehabiliteer, maar in dié proses ook leer om anders te hardloop.

Argumente oor mededingende, vergelykende en absolute voordeel soos omskryf deur die bekende strategie-ghoeroe Michael Porter, sal uitgedaag moet word en wel tot die mate wat denkskuiwe beslis nodig sal wees vir behoorlike herbelyning.

Ná-resessie regstellings kan toenemend as suboptimaal bewys word, want soos die ekonomie siklies reageer, skuif markte. Nie alleen verander die vraag binne ‘n mark nie; die aard van mededinging verander ook.

‘n Baie bekende Amerikaanse argitek en toekomskundige (R. Buckminister Fuller 1895 – 1983) het die volgende as riglyn gestel om te onderskei tussen watter veranderings werklik ‘n verskil kan maak: “You never change things by fighting the existing realities. To change something, build a new model that makes the existing model obsolete.”

Lande in Suider-Afrika is in ‘n oorgang, maar met reg word daar telkens bewys dat voete gesleep word omdat dringendheid ontbreek. Ontwikkelende lande se ekonomieë bly in ‘n afgeleide staat. Die vraag na enige produk in dié lande – Suid-Afrika, Namibië, Botswana, ensovoorts - is ‘n afgeleide van wat buite die grense van die lande gebeur.

‘n Tuimelende rand maak alle invoere duurder, plaas verdere druk op ‘n reeds negatiewe handelsbalans en les bes verteer dit die vermoë van die regerings betrokke om te kan besluit wat om te doen met die geld wat hulle het.

Toenemende afhanklikheid van buitelandse lenings om lopende uitgawes soos die stygende salarisrekening van die staat te finansier, beteken dat die rentelas al groter word en minder geld beskikbaar is vir noodsaaklike finansiering van groeigerigte inisiatiewe. Geen besigheid kan so bestaan nie.

Beleidonsekerheid betreffende grondonteiening versteur boere se visie ten opsigte van heropbou. Gewone besigheidsin behoort deurgaans te geld as die enigste sinvolle benadering om landbou sy regmatige rol te laat speel.

Landbou is die enigste werkbare oplossing vir landelike ontwikkeling. Daaroor hoort geen argument te wees nie en regerings kan net na gevallestudies kyk.

Dit kom egter voor asof veral regerings moedswillig hierdie waarheid miskyk.

Regerings kon nog nooit landbou laat werk nie, daarbenewens is regerings seker van die swakste grondeienaars. Verspilling is aan die orde van die dag en irriterend, maar juis daarin is daar moontlikhede om die onvervangbaarheid van volhoubare landbou te bewys.

Volhoubare landbou is die enigste geloofwaardige vennoot as dit kom by ekonomiese ontwikkeling. Te midde van die onweer van beleidsonsekerheid en ekonomiese agteruitgang, behoort landbou te hou by die volgende as sogenaamde pilare:

Gaan voort met behoorlike strukturele transformasie deur middel van wetenskapstoepassing, tegnologie en innovasie. Fokus veral op mensgerigte ontwikkeling en verseker volhoubaarheid van die omgewing. Sodoende sal landbou ‘n voorkeurbelegging bly met sakpas finansiering, veral as sodanige finansiering op ‘n vennootskapbasis geskied.

Ons dink tans te eendimensioneel in terme van boerderygrootte en te min aan hoe behoorlike vennootskappe en saamboergeleenthede ontwikkel en toegepas kan word. Landbou gaan met so ‘n benadering nog beter vaar as dit toegepas word op ‘n deursigtige basis onder behoorlike korporatiewe bestuur en beheer, veral as laasgenoemde bemagtigend is.

Behoorlike en bemagtigende makro-ekonomiese beleid moet volg om landbou se belangrike rol as groeivermenigvuldiger te versterk.

Volhoubare mededingendheid is die nuwe normaal, maar is in die meeste gevalle meer pragmaties as belynd. Om mededingend te bly, moet wegbeweeg word van hulpbronmededingendheid na groter samewerking binne netwerke wat voortdurend kan aanpas.

Intra-bedryfskundigheid alleen kan ‘n strategiese blindekol veroorsaak omdat dit bly fokus op bedryfsverwante veranderlikes wat mededingendheid kan beïnvloed. Volhoubare mededingendheid hang enersyds, maar in ‘n minder mate af van wat binne ‘n waardeketting gebeur en moontlik is. Die klem val eerder op die verrekening van veranderlikes wat groepeer soos ’n spinnerak.

Volhoubare mededinging word slegs moontlik as die uitdagings as ’n arena in plaas van ‘n belynde bedryf gesien word. Om binne die arena mee te ding, verskuif die klem vanaf ‘n mededingende voordeelparadigma na groter pragmatisme. Dit word ‘n kwessie van implementering, monitering, impakontleding, aanpassing en weer terug na die mark met nuwe toepassings. Die klem val op die proses en nie uitkoms nie.

Dié dinamiese benadering is die direkte gevolg van die onvoorspelbaarheid van beide verbruikers en mededingers. Marke word grensloos as gevolg van globalisering en die tegnologie wat die ondersteun. Sukses word nie net bepaal deur die hulpbronne onder beheer nie, maar waartoe toegang verkry is of kan word.

Platforms, wat naatlose verbindings tussen tegnologie en ekostelsels optimaliseer, kombineer talente en inligting.

’n Besoek aan die 2019 Boer van die Jaar in Suid-Afrika, die Sernick-groep, het voldoende bewyse gevind van voldoening aan hierdie nuwe uitdagings wat dui op strategiese fiksheid.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!