Landbou op mespunt
Landbou op mespunt

Landbou op mespunt

Ronelle Rademeyer
Die prentjie lyk donker vir landbou in die streek.

Mielieboere hier en in Suid-Afrika is deur die laat reën gekortwiek en groot onsekerheid heers oor die vooruitsigte vir die res van die reënseisoen.

Veeboere in ’n groot deel van Suid-Afrika en Namibië het nie weiding nie en sit met die hande in die hare.

Foto’s van vrektes onder beeste, skape en wild raak ’n algemene gesig op sosialemedia-platforms.

Asof dié situasie nie knellend genoeg is nie, worstel Suid-Afrika nou boonop met ’n uitbreking van bek-en-klouseer.

Dit is in die hele streek se belang dat die uitbreking so vinnig as moontlik onder beheer gebring word en nie versprei nie.

Namibië se uitvoerstatus na winsgewende markte soos die Europese Unie hang van sy bek-en-klouseervrye status af.

Ofskoon die kommersiële boerderygebiede meer as 50 jaar gelede laas ’n uitbreking van hierdie gevreesde siekte beleef het, moes die regering in 2015 meer as N$200 miljoen bestee om te verhoed dat ’n uitbreking in die Ohangwena- en Oshikotostreek suidwaarts versprei.

Dit het tot een van die grootste openbare en private bekampingsveldtogte in die land se dieregesondheidsgeskiedenis gelei.

Nagenoeg 20 boereverenigings het al langs die rooilyn vanaf Wêreldsend in die Weste tot teen die Botswana-grens beweeg om die veterinêre kordonheining te herstel.

Gegrond op dié ervaring kan ons landbouleiers Suid-Afrikaners die hand reik en advies deel.

Goeie dieregesondheid is immers ’n streekskwessie.



Rapport, 13 Januarie 2019

Moet ons vir dié skurke stem?

Op die oog af het Saterdag se bekendstelling van die ANC se verkiesingsmanifes die indruk gewek van ’n party besig om te herstel van die Zuma-rampspoed.

Dit was egter net so misleidend soos die Ipsos-peiling wat verlede naweek bekend gemaak is en wys dat die ANC 61% van die steun kan verwag in die komende verkiesing. Wat diep in die peiling weggesteek is, is dat 39% van die deelnemers aan die peiling gesê het geeneen van die politieke partye op die toneel verteenwoordig werklik hul aspirasies nie.

Enigiemand wat verkiesingsneigings dophou, sal weet dat Suid-Afrikaanse kiesers hul geesdrif vir hul leiers verloor het. In die vorige algemene verkiesing in 2014 het net 57% van diegene wat kan stem aan die verkiesing deelgeneem. En in die munisipale verkiesing in 2016 was dié syfer ’n skamele 41,6%.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!