Landbou se post-pandemie-rol selfs groter
Kunsmatige intelligensie kan produksiekoste bespaar
Dr. Kobus Laubscher – Landbou is sonder twyfel ‘n kernveranderlike vir enige ekonomiese herstelplan, maar dié posisie moenie as vanselfsprekend aanvaar word nie.
Landbou bly ‘n sogenaamde tradisionele sektor in terme van die omskakeling van grondstowwe tot voedsel, maar volhoubaarheid sal in die toekoms anders beoordeel word. Daar is bewese en opbouende kritiek teen die sektor se bydrae tot skadelike kweekhuisgasse. Trouens, as al die beeste wêreldwyd as ‘n land gesien kan word, klop net China so ‘n “beesland” se vrystelling van kweekhuisgasse.
In die sestigerjare van die vorige eeu het tegnologie landbou in staat gestel om bevolkingsgroei voor te spring deur kosproduksie op ‘n hoër groeitrajek te plaas. Klassieke hongersnood is uitgewis en namate ekonomiese vooruitgang die verbruiker meer geld in die sak gegee het, het verbruikspatrone ook verander. Meer en meer proteïne is verbruik en meer en meer diere is daarvoor geteel.
Gegewe die erns van aardverwarming en die bewysde skade van sekere kweekhuisgasse soos metaan, is die nuwe uitdaging om landbouwaardekettings te transformeer. Navorsing is ver gevorder ten opsigte van genetiese verbetering wat beeste minder metaangasse laat produseer.
Betroubare statistieke bewys die nadele, maar gee ook hoop vir navorsing oor die tegnologie wat ingespan kan word. In Nieu-Seeland is navorsing reeds gedoen om die hoeveelheid metaangas wat skape per mondvol gras produseer, te verminder.
Kunsmatige intelligensie is een van die vernaamste dryfvere om energieverspilling by beeste te beperk, soos wanneer koeie sukkel om te kalf. Daardie energie moet weer herwin word en soos die dier se voedingsbehoeftes verander en sy meer vreet, styg metaangasproduksie ook. Koeikudde-doeltreffendheid is in Brasilië en China met tot 8% verhoog deur middel van tegnologie. ‘n Apparaat so groot soos ‘n man se handpalm word aan die dier se stert vasgemaak en dié monitor die kalfproses. Dieselfde kunsmatige intelligensie word ook aangewend in die vroeë identifisering van siektes sodat voorkomend opgetree kan word.
Reaksionêre optrede vermors energie en is duur. Tegnologie word fus aangewend in die kalwingsproses. Die grootste uitdaging tans is om die kostevoordeeltoets te slaag, maar gelukkig is die skandering baie pragmaties en val ontwikkelaars nie vas in uitgediende sienings oor sulke sake nie. Daar is egter ook ‘n groeiende gaping tussen lande op grond van ontwikkelingsvlak. Ontwikkelde lande het nie net die middele nie, maar die sosiale druk bly toeneem. Daar kan argumenteer word dat ontwikkelende lande daardie druk gespaar sal bly omdat daar gewoon net te veel mense is wat sal eet wat daar is. Ongelukkig gaan die wêreld anders daaruit sien en is dit juis die ontwikkelende ekonomieë se afhanklikheid van uitvoermarkte om ná die pandemie heropbou te versnel, wat ‘n struikelblok gaan word. Lande met die vraag na voedsel, hoef dit nie in te voer nie. Behalwe dat daardie lande ook meer invoervervangend moet optree, kan hulle verbruikers besluit om minder of niks te verbruik nie.
Tegnologie is juis so gevorderd dat daar tans doeltreffende proteïenvervangers is vir proteïen van dierlike oorsprong. Daar is al hoe meer stemme wat opgaan om vleisverbruik te ontmoedig omdat die juis daardie produksieprosesse is wat bykans onbeheers bydrae tot die produksie van skadelike kweekhuisgasse.
Andersyds is dit ook ‘n geldige vraag of proteïenuitvoere in die vorm van rooivleis na die sogenaamde ontwikkelde lande werklik so belangrik is as daar ag geslaan word op die voorspelling van betekenisvolle groei in die vraag na sulke produkte in Afrika alleen. Die antwoord is egter nie so eenvoudig nie, want diversiteit sal die nuwe wagwoord bly. Al die eiers kan nie in een mandjie bly nie.
Tegnologie sal die spilpunt bly om doeltreffend te herskik namate die wêreld herstel van die Covid-19 skok, maar die virus sal bepaald nooit afgeskud word nie.
Een van die belangrikste uitdagings is om nou te druk vir gunstiger beleidsomgewings sodat boere nóg beter planne kan maak om die mensdom volhoubaar te kan kos gee.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie